duimnael|250px|As 'n voorbeeld getoon: Ligging van Kaap Agulhas Munisipaliteit in die Wes-Kaap, Suid-Afrika.

'n Munisipaliteit is 'n groep woonareas (dorpe en stede) met die omliggende gebiede wat gesamentlik deur 'n politieke apparaat bestuur word. Munisipaliteite vorm in die meeste lande die eerste laag van die politieke bestuurstruktuur.

In Suid-Afrika val plaaslike munisipaliteite onder beheer van distriksmunisipaliteite wat op hulle beurt onder die provinsiale regerings en die nasionale regering ressorteer.

Munisipaliteite is (onder andere) vir die volgende verantwoordelik: Watervoorsiening Voorsiening van elektrisiteit Vullisverwydering Rioolstelsel en afvoer van stormwater Instandhouding van parke en sportterreine Beplanning van stedelike gebiede Invordering van munisipale belastings

Sien ook Distriksmunisipaliteit Suid-Afrikaanse munisipale heraldiek Lys van munisipaliteite in Suid-Afrika Lys van munisipaliteite in Nederland

Eksterne skakels