The Sugarcubes is 'n Yslandse alternatiewe rockgroep. Die groep is in 1986 gestig en het in 1992 opgebreek. Hulle word buite Ysland bekend nadat die Britse DJ John Peel die liedjie "Birthday" gereeld speel en dit later deur sy luisteraars verkies word as liedjie van die jaar. Na die groep ontbind, begin sangeres Björk Guðmundsdóttir 'n suksesvolle sololoopbaan.
Die groepslede was Björk Guðmundsdóttir as sangeres en op trompet, Einar Örn Benediktsson as tromspeler, Sigtryggur Siggi Baldursson op kitaar, Þór Eldon op klawerbord en Margrét Magga Örnólfsdóttir ook op klawerbord en oudlede van die groep is Friðrik Erlingsson (1986) en Einar Melax (1987-1989).
Kategorie:Yslandse musici