Midden-Drenthe is 'n munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Drenthe. Die munisipale gebied het sowat 34 000 inwoners (2011) en 'n oppervlakte van 346 km². Midden-Drenthe is in 1998 gestig en gevorm uit die munisipaliteite Beilen, Smilde en Westerbork. Beilen is die administratiewe setel van die munisipaliteit.
Plekke Plekke in die munisipale gebied van Midden-Drenthe:<br/ > Balinge, Beilen, Bovensmilde, Brunsting, Bruntinge, Drijber, Elp, Eursinge, Garminge, Hijken, Hijkersmilde, Holthe, Hoogersmilde, Hooghalen, Laaghalen, Laaghalerveen, Lieving, Makkum, Mantinge, Nieuw-Balinge, Oranje, Orvelte, Smilde, Spier, Ter Horst, Westerbork, Wijster, Witteveen, Zuidveld en Zwiggelte.