Westerveld is 'n munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Drenthe. Die munisipale gebied het sowat 19 000 inwoners (2011) en 'n oppervlakte van 283 km². Westerveld is in 1998 gestig en gevorm uit die munisipaliteite Diever, Dwingeloo, Havelte en Vledder. Havelte is die administratiewe setel van die munisipaliteit.
Plekke Plekke in die munisipale gebied van Westerveld: Boschoord, Darp, Diever, Dieverbrug, Doldersum, Dwingeloo, Eemster, Frederiksoord, Geeuwenbrug, Havelte, Havelterberg, Holtinge, Leggeloo, Lhee, Lheebroek, Nijensleek, Oldendiever, Oude Willem, Uffelte, Veldhuizen, Vledder, Vledderveen, Wapse, Wapserveen, Wateren, Westeinde, Wilhelminaoord, Wittelte en Zorgvlied.
Kategorie:Munisipaliteite in Drenthe