duimnael|upright|Desiderius Erasmus se Nuwe Testament van 1516 was die eerste samevatting van die Oorgelewerde Griekse teks, en die grondslag vir die Duitse en Engelse vertalings deur Luther en Tyndale onderskeidelik. duimnael|upright|Die laaste bladsy van die Erasmiese Nuwe Testament (Openbaring 22:8-21)
Die Oorgelewerde Griekse teks (Latyn: Textus Receptus) is die naam van die opeenvolgende gedrukte Griekse tekste van die Nuwe Testament wat die vertalingsgrondslae gevorm het vir die oorspronklike Duitse Lutherse Bybel, asook vir die vertaling van die Nuwe Testament in Engels deur William Tyndale, die Koning James-weergawe en meeste ander Nuwe Testamentiese vertalings van die Reformasie-era regdeur Wes- en Sentraal-Europa. Hierdie opeenvolging het ontstaan by die eerste gedrukte Griekse Nuwe Testament om gepubliseer te word, naamlik 'n werk wat in Basel onderneem is deur die Nederlandse Katolieke geleerde en humanis Desiderius Erasmus in 1516, met as grondslag ongeveer ses manuskripte, wat onderling bykans die hele Nuwe Testament omvat het. Die ontbrekende teks is uit die Vulgaat aangevul. Alhoewel hoofsaaklik gebaseer op latere manuskripte van die Bisantynse skrifbewoording, het Erasmus se uitgawe merkbaar verskil van die klassieke teksvorm.
Geskiedenis van die oorgelewerde teks Die Nederlandse humanis Erasmus was vir jare werksaam aan twee projekte: 'n ordening van Griekse tekste en 'n vernuwe Latynse Nuwe Testament. In 1512 het hy die nuwe Latynse Nuwe Testament aangepak. Hy het al die Vulgaatmanuskripte versamel wat hy kon vind om 'n kritiese uitgawe saam te stel. Hierna is daar aan die Latyn geskaaf. Hy het naamlik verklaar, "Dit is bloot reg dat Paulus die Romeine in iewat beter Latyn aanspreek.""Brief 695" in die Versamelde Werke van Erasmus, Band 5: Briewe 594 tot 841, 1517–1518 (in Engels vertaal deur R.A.B. Mynors en D.F.S. Thomson; geannoteer deur James K. McConica; Toronto: University of Toronto Press, 1976), 172. In die vroeëre fases van die projek het hy nooit 'n Griekse teks vermeld nie: "My verstand is so opgewonde by die gedagte aan die regstelling van Hiëronimus se teks, met notas, dat ek vir myself voorkom as iemand begeester deur 'n sekere god. Ek het sy emendering reeds byna voltooi deur ordening van 'n groot getal antieke manuskripte, en dit verrig ek teen aansienlike persoonlike onkoste.""Bief 273" in die Versamelde Werke van Erasmus, Band 2: Briewe 142 tot 297, 1501–1514 (in Engels vertaal deur R.A.B. Mynors en D.F.S. Thomson; geannoteer deur Wallace K. Ferguson; Toronto: University of Toronto Press, 1976), 253.
Terwyl sy doelwitte met die publikasie van 'n vernuwe Latynse vertaling duidelik is, is dit minder begryplik waarom hy die Griekse teks ingesluit het. Alhoewel soms gespekuleer word dat hy die opstel van 'n kritiese Griekse teks beoog het, of die drukdatum van die Complutensiese Veeltalige Bybel wou voorspring, is daar geen getuienis ter stawing nie. 'n Meer klaarblyklike motivering kan aangevoer word: dat hy die Griekse teks ingesluit het om die voortreflikheid van sy Latynse weergawe te eksponeer. Hy skryf, "Daar bly die Nuwe Testament deur my vertaal, met Griekse teenblaaie, en my notas daarop.""Brief 305" in die Versamelde Werke van Erasmus, Band 3, Briewe 298 tot 445, 1514–1516 (in Engels vertaal deur R.A.B. Mynors en D.F.S. Thomson; geannoteer deur James K. McConica; Toronto: University of Toronto Press, 1976), 32. Hy het die rede vir insluiting van die Griekse teks verder uitgelig in die apologie vir sy werk: "Maar een ding word deur die feite uitgeroep, en dit blyk klinkklaar, soos hulle sê, selfs vir 'n blinde man, dat dikwels deur die vertaler se onbeholpenheid en onbedagsaamheid die Grieks verkeerd weergegee is; dikwels is die ware en egte strofe gekorrupteer deur belangelose skrifstellers, iets wat ons aldag sien gebeur, of aangepas deur skrifstellers wat halfgeleerd en half aan die slaap is.""Brief 337" in die Versamelde Werke van Erasmus. Band 3, 134.
Erasmus se nuwe werk is in 1516 gepubliseer deur Johann Froben van Basel, wat dan ook die eerste gepubliseerde Griekse Nuwe Testament verteenwoordig, die Novum Instrumentum omne, diligenter ab Erasmo Rot. Recognitum et Emendatum. Erasmus het die 1, 1rK, 2e, 2ap, 4ap, 7 en 817 gebruik.W. W. Combs, Erasmus and the textus receptus, DBSJ 1 (Lente 1996), 45. Die tweede uitgawe het onder die meer vertroude term Testamentum instede van Instrumentum bekend gestaan, en sou uiteindelik 'n hoofbron vir Luther se Duitse vertaling word. In die tweede uitgawe van 1519, het Erasmus ook Minuskel 3 aangewend.
Tipografiese foute, miskien toeskryfbaar aan die haas om die werk te voltooi, het mildelik in die gepubliseerde teks voorgekom. Erasmus het verder nie oor 'n volledige kopie van die boek Openbaring beskik nie, en moes noodgedwonge die laaste ses verse uit die Latynse Vulgaat in Grieks vertaal, ten einde sy uitgawe af te handel. Erasmus het die teks in baie plekke aangepas om met strofes van die Vulgaat ooreen te stem, of met aanhalings van die Kerkvaders; gevolglik, alhoewel die Textus Receptus deur geleerdes geklassifiseer word as 'n laat-Bisantynse teks, verskil dit in bykans tweeduisend strofes van die standaardvorm van daardie skrifbewoording, soos weergegee deur die "Meerderheidsteks" van Hodges en Farstad (Wallace 1989). Die oplaag was 'n uitverkoopte kommersiële sukses en is in 1519 herdruk, met meeste — alhoewel nie alle — drukfoute gekorrigeer.Bruce M. Metzger, Bart D. Ehrman, The Text of the New Testament: Its Transmission, Corruption and Restoration, Oxford University Press, 2005, p. 145.
Erasmus het vir jare Griekse Nuwe Testamentiese manuskripte bestudeer, in die Nederlande, Frankryk, Engeland en Switserland, en gelet op hul etlike variante, maar het in Basel slegs ses Griekse manuskripte tot sy onmiddellike beskikking gehad. Hulle het almal van die 12de eeu of later gedateer, en was slegs van buite die hoofstroom-Bisantynse tradisie afkomstig. Om hierdie rede beskou meeste moderne geleerdes sy teks as van twyfelagtige kwaliteit.Bruce Metzger, The Text of the New Testament, p. 99.
Met die derde uitgawe van Erasmus se Griekse teks (1522) is die Comma Johanneum ingesluit, omdat "Erasmus verkies het om enige geleentheid vir laster te vermy, eerder as om filologiese akkuraatheid vol te hou", selfs al was hy steeds "oortuig dat dit nie tot die oorspronklike teks van 1 Johannes behoort het nie."H. J. de Jonge, Erasmus en die Comma Johanneum, Ephemerides Theologicae Lovanienses (1980), p. 385 Gewilde aanvraag vir Griekse Nuwe Testamente het gelei tot 'n opbloei van deskundige sowel as nie-amptelike weergawes in die vroeë sestiende eeu, waarvan byna almal op Erasmus se werk geskoei is, en sy spesifieke strofelesings nagevolg het, dikwels weliswaar met hul eie mindere veranderings.S. P. Tregelles, An Account of the Printed Text of the Greek New Testament, Londen 1854, p. 29.
duimnael|upright|Die 4de uitgawe van die Nuwe Testament van Robert Estienne Die oorweldigende sukses van Erasmus se Griekse Nuwe Testament het die Latynse teks waarop hy primêr gefokus het, totaal oorskadu. Baie ander uitgewers het hulle eie weergawes van die Griekse Nuwe Testament in die daaropvolgende eeue gepubliseer. Eerder as om hul eie kritiese werk deur te voer, het meeste bloot staatgemaak op die welbekende Erasmiese teks.
Robert Estienne, bekend as Stefanus (1503–1559), 'n drukker van Parys, het die Griekse Nuwe Testament vier keer hersien, naamlik in 1546, 1549, 1550 en 1551, waarvan die laaste te Genève. Die eerste twee is onder die besversorgde Griekse tekste bekend, en staan bekend as die O mirificam; die derde uitgawe is 'n uitsonderlike meesterstuk van tipografiese aanleg. Dit sluit kritiese apparatus in wat manuskripte siteer volgens die teksverwysings. Manuskripte is gemerk deur simbole (van α tot ις). Hy het die Polyglotta Complutensis gebruik (gesimboliseer deur α) asook 15 Griekse manuskripte. Onder hierdie manuskripte tel die Codex Bezae, Codex Regius en minuskels 4, 5, 6, 2817, 8 en 9. Die eerste stappe vir 'n moderne tekskritiek is vervul. Die derde uitgawe staan bekend as die Editio Regia. Die uitgawe van 1551 bevat die Latynse vertaling van Erasmus newens die Vulgaat. Dit besit nie naastenby die verfyndheid van die ander drie nie, en is uitermate skaars. Dit was wel in hierdie uitgawe wat die onderverdeling van die Nuwe Testament in verse vir die eerste keer ingevoer is.
Die derde uitgawe van Estienne is deur Theodore Beza (1519–1605) gebruik, wat dit nege keer tussen 1565 en 1604 hersien het. In die kritiese apparatus van die tweede uitgawe het hy die Codex Claromontanus aangewend, benewens die Siriakiese Nuwe Testament wat in 1569 deur Emmanuel Tremellius gepubliseer is. Codex Bezae is twee keer gesiteer (as Codex Bezae en β' van Estienne).
Die oorsprong van die term "Textus Receptus" is ontleen aan die uitgewer se voorwoord tot die 1633 uitgawe, wat deur Bonaventure en Abraham Elzevir uitgegee is, twee broers en drukkers te Leiden: textum ergo habes, nunc ab omnibus receptum, in quo nihil immulatum aut corruptum damus, wat vertaal kan word as "so hou jy dan die teks, nou oorgelewerd aan almal, waarin niks gekorrupteer is nie." Die twee woorde, textum en receptum, is aangepas van die akkusatiewe na die nominatiewe naamval om as textus receptus weergegee te word. Mettertyd is hierdie term terugwerkend op Erasmus se uitgawes toegepas, en sy werk het gedien as grondslag vir die opvolgende uitgawes.Bruce M. Metzger, Bart D. Ehrman, The Text Of The New Testament: Its Transmission, Corruption and Restoration, Oxford University Press, 2005, p. 152.
Tekskritiek en die Oorgelewerde teks John Mill (1645–1707) het die teksvariante georden met 82 Griekse manuskripte as grondslag. In sy Novum Testamentum Graecum, cum lectionibus variantibus MSS (Oxford 1707) het hy die teks van die Editio Regia onveranderd weergegee, maar wel met die insluiting van 30 000 genommerde teksvariante in sy indeks.T. Robertson, An Introduction to the Textual Criticism of the New Testament, Nashville: Broadman, 1925, pp. 107-108.
Kort na die verskyning van Mill se weergawe, het dit onder 'n skrobbering van Daniel Whitby (1638–1725) deurgeloop. Hy het beweer dat die brontekste van die Nuwe Testament identies was aan die Oorgelewerde teks, en dat die teks nooit gekorrupteer is nie. Hy was van mening dat die teks van die Heilige Skrif deur die 30 000 variante in Mill se uitgawe in gevaar gestel word. Whitby het aangevoer dat elke deel van die Nuwe Testament teen hierdie variante verdedig moet word.Examen variantum Lectionum Johannis Milli (Londen 1710)
Johann Albrecht Bengel (1687–1752) het die Prodromus Novi Testamenti Graeci Rectè Cautèque Adornandi in 1725 geredigeer, en die Novum Testamentum Graecum in 1734. Bengel het manuskripte in families en subfamilies onderverdeel. Hy het die beginsel van lectio difficilior potior ("die moeiliker strofe is die sterkere") voorgestaan.
Johann Jakob Wettstein se apparatus was deegliker as dié van enige vorige redakteur. Hy het die praktyk ingevoer om antieke manuskripte aan te dui deur Romeinse hoofletters, en die latere manuskripte deur Arabiese numering. Sy werk Prolegomena ad Novi Testamenti Graeci van 1731, is in Basel uitgegee.
J. J. Griesbach (1745–1812) het die beginsels van Bengel en Wettstein saamgevat. Hy het die apparatus vergroot met meer aanhalings van die kerkvaders, benewens verdere weergawes soos die Gotiese, Armeense en die Philoxeniese. Griesbach het onderskei tussen die Westelike, Alexandriese en Bisantynse hersienings.J. J. Griesbach, Novum Testamentum Graece, (Londen 1809) Christian Frederick Matthaei (1744–1811) was 'n opponent van Griesbach.
Karl Lachmann (1793–1851), was die eerste om te breek met die Oorgelewerde teks. Sy doelstelling was om die teks te rekonstrueer tot die vorm waarin dit rondom 380 n.C. in die antieke kerk gelees is. Hiervoor het hy die oudste bekende Griekse en Latynse manuskripte aangewend.