duimnael|regs|170px|Ds. Pieter Francois de Wet, leraar van 1961 tot 1969.

Die NG gemeente Van Riebeeck was 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Kaapstadse voorstad Kenwyn wat in 1952 van die NG gemeente Wynberg afgestig het.

Weens die gedurige verengelsing van die suidelike voorstede van Kaapstad is die gemeente omstreeks 1995 by NG gemeente Plumstead, 'n ander dogtergemeente van Wynberg, ingelyf. Die voorlaaste leraar was ds. Thomas Lodewyk Wait van 1986 tot 1990 en daarna ds. J.F.E. Stone tot aan die einde.

In 1990 het die gemeente se lidmate tydelik tot 400 toegeneem ná 'n groot gedeelte van die ontbinde NG gemeente Die Vlakte hier ingeskakel het, maar teen 1994 het dit weer afgeneem tot 258. Die gemeente se kerkgebou was in Rockfordweg, Kenwyn, en huisves later The River International Ministeries.

Leraars Willem Frederick Liebenberg, 1952 - 1956 (eerste leraar) Leon Brand Viljoen, 1956 - 1961 Pieter Francois de Wet, 1961 - 1969 Rudolph Christopher Herholdt, 1969 - 7 Augustus 1976 Zacharias Blömerus, 1977 - 23 Januarie 1981 Schalk Willem Theart, 1981 - 19 Julie 1985 Thomas Lodewyk Wait, 25 Januarie 1986 - 1990 Jacobus Francois Erasmus Stone, 1990 - 1995 (sedertdien beroepbaar)

Bronne Olivier, ds. P.L. (samesteller), Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952.

Eksterne skakels Rockfordweg, Kenwyn, op Google Maps

Kategorie:Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika