Die Pico del Teide [ˈpiko ðel ˈtejðe] op die Kanariese eiland Tenerife is Spanje se hoogste bergpiek. Op 'n hoogte van 3 718 meter is dit ook die derde hoogste eilandvulkaan op aarde.UNESCO, "Teide National Park"; besoek op 15 Junie 2012

Die Pico del Teide maak deel uit van die munisipaliteit La Orotava. Van die berggebied is 18 990 hektaar tot nasionale park verklaar. Die Nasionale Teide-park is tans een van die mees besoekte parke in Europa en word deur UNESCO sedert 2007 as 'n wêrelderfenisgebied gelys.

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike UNESCO bladsy

Kategorie:Dekadevulkane Kategorie:Berge van Afrika Kategorie:Geografie van die Kanariese Eilande Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Afrika Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Spanje