Amerikaans-Samoa (Engels: American Samoa, [əˈmɛrɪkən səˈmoʊə], voorheen Oos-Samoa; Samoaans: Amerika Sāmoa / Sāmoa Amelika) is 'n oorsese gebied van die Verenigde State van Amerika in die suidelike Stille Oseaan, wat die oostelike deel van die Samoa-eilande beslaan, en lê in Polinesië. Die eilande beslaan 'n oppervlakte van 200 km² en het 'n bevolking van 43 895 in 2024 gehad.
duimnael|links|Kaart wat Amerikaans-Samoa vertoon duimnael|links|Die Nasionale park van Amerikaans-Samoa Amerikaans-Samoa lê in die ooste van Samoa, in die suide van Tokelau, in die weste van die Cookeilande, in die noorde van Niue en in die noordooste van Tonga. Die hoofstad is Pago Pago en die grootste stad is Tafuna.
Die amptelike tale is Engels en Samoaans.
Verwysings
Bronnelys Algemeen
Eksterne skakels Wiki-webtuistes
Toerisme
Visit American Samoa