Yaren 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land Distrik Yaren Koördinate Stigting Oppervlakte: - Totaal 1,5 vk km Hoogte bo seevlak 25 m Bevolking: - Totaal (2011) 747 - Bevolkingsdigtheid 498/vk km Tydsone UTC +12 - Somertyd UTC +12
Yaren is die de facto hoofstad van die eilandnasie Nauru en het 'n bevolking van 747 in 2011 gehad en 'n oppervlakte van 1,5 km². De jure het Nauru geen hoofstad of stede nie en net die parlement en regering van Nauru is in die distrik Yaren geleë. Dit is aan die suidwestelike kus van dié eiland geleë. Dit is aan die suidwestelike kus van dié eiland geleë. Constituencies of Nauru (naurugov.nr)
Nauru as klein land Met 'n oppervlakte van net 21 km² is Nauru die derde kleinste land ná die Vatikaanstad en Monaco, die kleinste land in die Stille Oseaan en Oseanië, die kleinste land buite Europa, die kleinste eilandnasie, en die kleinste republiek. Daarbenewens het dit met 'n bevolking van 11 200 (in 2018) die wêreld se derde kleinste bevolking, ná die Vatikaanstad en Tuvalu.
As gevolg van sy sterk afhanklikheid van Australië word Nauru dikwels as 'n soort satellietstaat beskou.
Geskiedenis Die distrik is in 1968 gestig. Die oorspronklike naam Makwa (of Moqua) verwys na Moqua-put, 'n ondergrondse meer en primêre bron van drinkwater vir die Nauruan-mense. "Moqua Caves and Moqua Well" , Gatis Pāvils, 30 Oktober 2011.
Geografie Yaren is in die suide van die eiland geleë. Die oppervlakte is 1,5 km², en sy hoogte was 25 meter vanaf 2007. In die noorde van Yaren is Buada, in die ooste is Meneng en in die weste is Boe.313728509|Yaren
Administrasie Yaren (en soms ook Aiwo) word gewoonlik as die hoofstad van Nauru gelys, maar dit is verkeerd; die republiek het nie stede of 'n amptelike hoofstad nie. Yaren word deur die Verenigde Nasies as die "hoofdistrik" aanvaar.
Engels en Nauruaans, die amptelike tale van Nauru, word in die distrik gepraat.
Regerings- en administratiewe geboue Die volgende regeringskantore is in hierdie distrik geleë:
die Parlementshuis
die aardstasie
die administrasiekantore
die polisiekantoor
die brandweerstasie
die Nasionale Stadion
die Australiese hoë kommissaris en die Taiwannese ambassade
die Nauru Internasionale Lughawe, lugterminale en hoofkantoor van Nauru Airlines"Contact ." Nauru Airlines. Besoek op 5 Julie 2018. "HEAD OFFICE Nauru International Airport PO Box 40 Republic of Nauru"
Belangrikste besienswaardighede links|duimnael|Kaart van die Yaren Distrik Die Moqua-put is in Yaren geleë. Dit is nie ver van die Nauru Internasionale Lughawe nie en is 'n verborge grot waarvan omtrent net plaaslike inwoners weet. Dit is taamlik begroei en het baie graffiti op die rotsmure, maar dit het 'n pragtige versteekte grot met 'n ondergrondse water / dam. Die water is 'n mengsel van vars- en soutwater. Die seewater styg wanneer die gety inkom, maar moet deur 'n ondergrondse watertafel gaan.Moqua, Tripadvisor, https://www.tripadvisor.com/Attraction_Review-g294128-d8555887-Reviews-Moqua_Well-Yaren.html Besoek op 30 Desember 2020.
Die res van die eiland se besienswaardighede is op loopafstand, want hierdie Mikronesiese eiland is slegs 8 vierkante kilometer groot. Nadat dit deur die Japannese beset is tydens die Tweede Wêreldoorlog, bied 'n hedendaagse wandeling langs die kus besoekers die kans om talle bunkers en skietsterkpunte wat nog oorleef, te verken. In die binneland het die fosfaatvelde, geskep deur jarelange strookmynbou, die eiland met 'n byna maanskoonheid gelaat.Explore Yaren, Tripadvisor, https://www.tripadvisor.in/Tourism-g294128-Yaren-Vacations.html, Besoek op 30 Desember 2020.
Onderwys Die laerskole en sekondêre skole wat die hele Nauru bedien, is die Laerskool Yaren in die distrik Yaren (jaar 1-3), die Laerskool Nauru in die distrik Meneng (jaar 4-6), die Nauru College in die distrik Denigomodu (die jare 7-9) en Nauru Sekondêre skool (jaar 10-12) in die distrik Yaren. Document by the ." OHCHR. Besoek op 8 Julie 2018. Die onderwysstelsel bestaan uit tien skole, daar is distrik-kleuterskole elk [...] en laastens die Nauru Sekondêre Skool (jaar 10-12) waar die verpligte onderwys eindig na Jaar 12.[...]"
Die Nauru Learning Village in Yaren huisves die Universiteit van die Suid-Stille Oseaan Nauru-kampus, die Nauru-opleidingsentrum vir tegniese en beroepsgerigte onderwys en Nauru Sekondêr. "USP opens new Nauru Campus ." University of the South Pacific. Besoek op 5 Junie 2018.
Persoonlikhede Kieren Keke (geb. 1971), politikus en mediese dokter Charmaine Scotty, politikus Dominic Tabuna (1980), politikus
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Geografie van Nauru Kategorie:Kusstede