Namur of Namen (Frans: Namur, Nederlands: Namen, Duits: Namur, Waals en Pikardies: Nameur) is 'n Belgiese provinsie in Wallonië. Die provinsie het 'n bevolking van sowat 502 000 in 2023 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 3 675 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 137 per km². Die hoofstad is die gelyknamige stad Namur.
Namur lê in die suide van België en grens aan die Franse gewes Champagne-Ardenne. In Namur word Frans en WaalsWaals word nog tot 'n mindere mate gepraat. gepraat. In die uiterste weste word naas Standaardfrans ook Pikardies gepraat en in die uiterste suidooste Champenois (in die munisipaliteit Vresse-sur-Semois).
Die belangrikste waterliggame in die provinsie is die Samber- en Maasriviere. Die Ardenne-bergreeks is in die suide van die provinsie geleë. Die noorde van Namur (links van die Maasrivier) behoort tot die Haspengouw (Hesbaye). Die hoogste punt is die Croix-Scaille (505 m), 'n heuwel in die munisipaliteit Gedinne op die grens met Frankryk.
Administratiewe indeling Namur word in administratiewe opsig in drie arrondissemente verdeel: Arrondissement Dinant Arrondissement Namur Arrondissement Philippeville
Die arrondissimente is in 38 munisipaliteite verdeel.
links|duimnael|Kaart van die arrondissemente en munisipaliteite
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf van die provinsie Namur