Tomáš Berdych (Tsjeggiese uitspraak: [toˈmaːʃ ˈbɛrdɪix], ; * 17 September 1985 in Valašské Meziříčí) is 'n voormalige Tsjeggiese professionele tennisspeler. Hy is 'n lang, skraal speler wat sy vlak houe as wapen aanwend en sedert 2002 professioneel deelneem. In 2010 het hy die halfeindstryd van die Franse Ope en die eindstryd van die Wimbledon-kampioenskap bereik. Op 18 Mei 2015 was hy nommer vier in wêreldtennis vir mans. In 2019 het hy uitgetree.
Loopbaan duimnael|links|upright|Tomáš Berdych tydens die Franse Ope in 2015 duimnael|links|upright|Tomáš Berdych tydens die VSA Ope in 2009 duimnael|links|upright|Tomáš Berdych tydens die VSA Ope in 2009 duimnael|links|upright|Tomáš Berdych tydens die VSA Ope in 2009 Tydens die Paryse Meesters van 2005 het Berdych sy eerste ATP Masters Series-titel gewen. Hy het in hierdie toernooi Jiří Novák, die tweede geplaasde Guillermo Coria, die dertiende geplaasde Juan Carlos Ferrero, die sewende geplaasde Gaston Gaudio, die agtste geplaasde Radek Štěpánek en die sesde geplaasde Ivan Ljubičić verslaan. Ander hoogtepunte in 2005 was sy oorwinning oor die wêreldnommertwee Rafael Nadal in die eerste rondte van die Cincinnati Masters, die haal van die eindstryd in die Sweedse Ope en die haal van die halfeind in Washington. In 2006 het Berdych tydens die Gerry Weber Ope sy eerste graseindstryd gehaal, waarin hy teen die wêreld nommer een Roger Federer 0–6, 7–6, 2–6 verloor het. Nog 'n hoogtepunt in 2006 was sy oorwinning oor die wêreldnommertwee Rafael Nadal tydens die Kanadese Meesters 6–3, 4–6, 7–6(5).
In Oktober 2006 het Berdych sy tweede ATP-eindstryd van daardie jaar in Mumbai gehaal, maar hy is deur die Rus Dmitri Toersoenof verslaan. In die meesterstoernooi van Madrid het Berdych vir Roddick en Nadal geklop en sodoende die halfeindrondte bereik.
Berdych is as gevolg van sy oorwinning oor die Spanjaard Rafael Nadal nie gewild by die Spaanse tennisliefhebbers nie. Tydens die wedstryd tussen die Spanjaard en Berdych is daar gereeld in laasgenoemde se rigting geskreeu. In die halfeind teen Fernando González is Berdych se spel hierdeur beïnvloed en hy het die wedstryd verloor.
Berdych kon nie sy Meesterstitel in Parys behou nie: hy het teen Dominik Hrbatý in die kwarteindstryd verloor. In die rondtes voor dit het Berdych Olivier Rochus en Robby Ginepri uitgeskakel.
Grand Slam-rekord Die tabel toon Berdych se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in mansenkels waaraan hy deelgeneem het: Jaar Australiese Ope Franse Ope Wimbledon VSA-Ope2003 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Rondte 22004 Rondte 2 Rondte 1 Rondte 1 Rondte 42005 Rondte 1 Rondte 2 Rondte 3 Rondte 32006 Rondte 2 Rondte 4 Rondte 4 Rondte 42007 Rondte 4 Rondte 1 Kwarteindstryd Rondte 42008 Rondte 4 Rondte 2 Rondte 3 Rondte 12009 Rondte 4 Rondte 1 Rondte 4 Rondte 32010 Rondte 2 Halfeindstryd Eindstryd Rondte 12011 Kwarteindstryd Rondte 1 Rondte 4 Rondte 32012 Kwarteindstryd Rondte 4 Rondte 1 Halfeindstryd2013 Kwarteindstryd Rondte 1 Kwarteindstryd Rondte 42014 Halfeindstryd Kwarteindstryd Rondte 3 Kwarteindstryd2015 Halfeindstryd Rondte 4 Rondte 4 Rondte 42016 Kwarteindstryd Kwarteindstryd Halfeindstryd Nie deelgeneem nie2017 Rondte 3 Rondte 2 Halfeindstryd Rondte 22018 Kwarteindstryd Rondte 1 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie2019 Rondte 4 Nie deelgeneem nie Rondte 1 Rondte 1
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf Tomáš Berdych se ATP-profiel Tomáš Berdych se ITF-profiel
Kategorie:Tsjeggiese tennisspelers Kategorie:Geboortes in 1985 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Olimpiese deelnemers