duimnael|300px|Parreira en Beckenbauer poseer met die Jabulani-sokkerbal. duimnael|Duitsland se amptelike drag vir die toernooi.

Die Jabulani was die amptelike sokkerbal vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010. Die Jabulani is op 4 Desember 2009 in Kaapstad bekendgestel. Die bal is deur die Loughborough Universiteit in die Verenigde Koninkryk ontwerp en deur Adidas vervaardig. 'n Goud gekleurde weergawe van die Jabulani, die Jo'bulani, is tydens die eindstryd gebruik.

Die woord "jabulani" beteken "jubel" of "om fees te vier" in Zoeloe. Adidas het die bal elf kleure geverf wat die elf ampstale van Suid-Afrika verteenwoordig.

Tegniese spesifikasies FIFA se standaarde Jabulani se metings Omtrek 68.5–69.5 cm 69.0 ± 0.2 cm Diameter ≤ 1.5% verskil ≤ 1.0% verskil Water absorpsie ≤ 10% vermeerdering in gewig ~ 0% vermeerdering in gewig Wydte 420 - 445 g 440 ± 0.2 g Opspring toets ≤ 10 cm ≤ 6 cm Verlies aan druk ≤ 20% ≤ 10%

Kritiek Voor die aanvang van die wêreldbeker is daar reeds vanuit verskeie land kritiek teen die bal ontvang. Volgens verskeie spelers raak die bal onstabiel teen hoë snelhede en trek hoog as dit na die doelboks geskop word.Nieuwe WK-bal zorgt voor veel ophef , NU.nl, 31 Mei 2010.

'n Wetenskaplike in vloeistofdinamika by NASA het na toetse die probleem bevestig. FIFA het gesê dat hulle na die wêreldbeker verdere ondersoek sal instel.

Verwysings

Eksterne skakels

FIFA se webwerf Shine 2010

Kategorie:Sokker in Suid-Afrika