Nicholas William Peter (Nick) Clegg (gebore op 7 Januarie 1967 in Chalfont St Giles, Buckinghamshire) is 'n Britse politikus. Hy was tussen 2007 en 2015 die politieke leier van die Liberaal-Demokrate en is sedert 2005 lid van die Britse Laerhuis. Vanaf 11 Mei 2010 tot 8 Mei 2015 was hy vise-Eerste Minister in 'n koalisie van die Konserwatiewe Party met die Liberaal-Demokrate.
Sy moeder kom uit Nederland, sy vader is van Ruslandduitse en Britse afkoms. Hy is tweetalig - Engels en Nederlands - opgevoed. Hy praat ook vlot Spaans, Duits en Frans.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Britse ministers Kategorie:Geboortes in 1967 Kategorie:Lewende mense