duimnael|regs|300px|Mense van oor die wêreld kan aanlyn met IRC kommunikeer.

Hieronder volg 'n lys van bevele wat binne die raamwerk van die IRC-protokol gebruik kan word.

Na die installering van 'n IRC-kliënt kan u toegang tot 'n IRC-bediener verkry. Om byvoorbeeld na bediener irc.freenode.net te konnekteer: /server irc.freenode.net

Die kliënt sal nou 'n verbinding met 'n bediener in die FreeNode-netwerk bewerkstellig. Daarna kan u toegang tot 'n kanaal verkry deur in te tik: /join #naam_van_kanaal

Alle bevele begin met 'n skuinsstreep (/). Hierdie bevele is nie vir ander gebruikers sigbaar nie. Alle teks wat nie met 'n "/" begin nie sal deur almal gesien kan word.

Die belangrikste bevele sluit in:

Bevel Resultaat /join #wikipedia-af Gaan die kanaal #wikipedia-af binne. /who #wikipedia-af Gee inligting oor die aanwesige gebruikers.@ = kanaal-operateur, terwyl * 'n globale IRC-operateur aandui. hallo julle! Almal op die kanaal #wikipedia-af sien nou: <bynaam> hallo julle! /me voel ietwat vreemd hier Almal op die kanaal #wikipedia-af sien nou:* bynaam voel ietwat vreemd hier. /part #wikipedia-af U verlaat die kanaal. /whois Piet Verkry inligting oor Piet, of oor enige ander bynaam wat u ingesleutel het. /whois jounaam Verkry inligting oor uself, soos ander mense dit sal sien. /nick nuwenaam Verander u bynaam na "nuwenaam". /msg Piet hallo daar. Slegs Piet sal die boodskap sien (julle hoef nie beide op dieselfde kanaal te wees nie). /ping #wikipedia-af Verskaf inligting oor die vertraging tussen u en ander persone op die kanaal #wikipedia-af. /ping Piet Dieselfde, maar tussen u en Piet. /dcc chat Hansie Stuur 'n boodskap na Hansie vir 'n dcc-kletssessie. As Hansie dieselfde intik, maar met u bynaam, word die verbinding gemaak. dcc is vinniger en veiliger as /msg. /help Verkry hulp-inligting in die meeste IRC-kliënte. /quit totsiens! U verlaat IRC, terwyl die ander persone op die kanaal u groetboodskap sien:"*** Signoff: bynaam (totsiens!)". /amsg Hallo Stuur 'n boodskap na alle aktiewe kanale. Die boodskap in die geval is "Hallo". /ame is siek Stuur 'n /me na elk aktiewe kanaal en die "/me" is in die geval "is siek".

Kategorie:IRC