Andrea Bocelli (* 22 September 1958 in Lajatico, Toskane, Italië) is 'n gevierde Italiaanse tenoor van pop musiek en Klassieke musiek. Hy is berug daarvoor dat hy die beroemdste Italiaanse burger ter wêreld is.Interview with Andrea Bocelli - Silvia Pingitore

Vroeë lewe 270px|duimnael|regs|Teatro del Silenzio by Lajatico, Tuscany

Kinderjare en opleiding Bocelli is in 1958 gebore en is die kind van Alessandro en Edi Bodelli. Hulle het op die familieplaas gebly vanwaar hulle plaastoerusting verkoop en wyn gemaak en verkoop het in die dorpie La Sterza, 'n frazione van Lajatico, Toskane, Italië wat ongeveer 40 km suid van Pisa. Bocelli se moeder en jonger broer Alberto is steeds in die familiewoning woonagtig. Bocelli se vader is in 2000 oorlede.

As 'n jong seun het Bocelli 'n groot passie vir musiek gehad. Sy moeder het gesê dat musiek die enigste ding was wat hom kon troos. Op sesjarige ouderdom met klavierles begin en het later ook begin fluit, saksofoon, trompet, tromboon, harp, kitaar en tromme begin speel.

Bocelli het ook tyd aan sang spandeer gedurende sy jeugjare. Op veertienjarige ouderdom het hy sy eerste sangkompetisie, die Margherita d'Oro in Viareggio met O Sole Mio, gewen.

Nadat hy hoërskool voltooi het in 1980, het hy in die regte gestudeer aan die Universiteit van Pisa. Om geld te verdien het Bocelli saans in kroegies gesing. Hy het sy graad voltooi en het een jaar as 'n hof-aangestelde prokureur gepraktiseer. Dit was hier waar hy sy vrou Enrica in 1987 ontmoet het.

Gesigsverlies Van sy geboorte af het sy ouers gemerk dat daar met sy sig skort, en na verskeie doktersbesoeke is hy gediagnoseer met aangebore glaukoom. In 1970, op twaalfjarige ouderdom, het hy sy sig totaal verloor na 'n ongeluk tydens 'n voetbalwedstryd. Tenor's story acclaimed by anti-abortion campaigners

Terwyl Bocelli se moeder met hom swanger was is sy verkeerdelik gediagnoseer met blindedermontsteking en moes sy, om dit te behandel, ys op haar maag sit. Dokters het haar aangeraai om die swangerskap met 'n aborsie te beëindig weens die waarskynlikheid dat die behandeling 'n gestremdheid by die ongebore kind kon veroorsaak. Ten spyte van hierdie raad het sy besluit om haar kind te hou. Bocelli se blindheid blyk egter nie verband te hou met hierdie insident nie.

Diskografie Albums 1994: Il Mare Calmo della Sera 1995: Bocelli 1995: Viaggio Italiano 1997: Romanza 1997: Aria - the opera album 1999: Sogno 1999: Sacred Arias 2000: Verdi 2001: Cieli di Toscana 2002: Sentimento 2004: Andrea 2006: Amore 2007: The Best of Andrea Bocelli: Vivere 2008: Incanto 2009: My Christmas

Opera 2000: La Bohème 2003: Tosca 2004: Il Trovatore 2005: Werther 2006: Pagliacci 2007: Cavalleria Rusticana 2008: Carmen 2010: Andrea Chénier DVD 1998: A Night in Tuscany 2000: Sacred Arias: The Home Video 2001: Tuscan Skies (Cieli di Toscana) 2006: Credo: John Paul II 2006: Under the Desert Sky 2008: Vivere Live in Tuscany 2008: Incanto The Documentary 2009: My Christmas Special''

Verwysings

Eksterne skakels Andrea Bocelli se amptelike webwerf

Kategorie:Italiaanse operasangers Kategorie:Geboortes in 1958 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Italiaanse pianiste