Hierdie artikel handel oor die Afrikaner Broederbond. Vir sy latere inkarnasie, sien Afrikanerbond (vereniging). Vir die politieke party wat in 1881 deur S.J. du Toit gestig is, sien Afrikanerbond (party). duimnael|300px|Die leiers van die Afrikaner-Broederbond in 1918: Agter (vanaf links tot regs): Daniël du Plessis, J. Combrink, H. le R. Jooste.Voor: L.J. Erasmus, Henning Klopper, ds. William Nicol, J. E. Reeler

duimnael|170px|regs|Ds. J.F. Naudé het die Bond help stig.

duimnael|regs|170px|Prof. Wicus du Plessis, voorsitter van 1930 (toe hy sowat 33 jaar oud was) tot 1932.

regs|170px|duimnael|Prof. Joon van Rooy, voorsitter van 1932 tot 1938.

duimnael|regs|170px|Prof. H.B. Thom, voorsitter van 1952 tot 1960.

duimnael|regs|170px|Dr. Piet Meyer, voorsitter van 1960 tot 1970.

Die Afrikaner-Broederbond (AB) was tussen 1918 en 1994 ’n geheime, eksklusief wit en manlike Protestantse kultuurorganisasie in Suid-Afrika. Die oogmerke was om vooruitstrewende eensgesindheid onder Afrikaners te skep en Afrikanertradisies en die Afrikanerkultuur op alle lewensterreine te bevorder. Die organisasie is in 1918 deur H.J. Klopper, H.W. van der Merwe, D.H.C. du Plessis en ds. J.F. Naudé, vader van ds. Beyers Naudé. gestig. Die organisasie het tot 1920 as Jong Zuid Afrika bekend gestaan, waarna dit amptelik na die Afrikaner Broederbond hernoem is.

Die Broederbond was lank ’n politieke twisappel nadat genl. J.B.M. Hertzog dit in die jare dertig as eerste minister aangeval het en die volgende eerste minister, genl. J.C. Smuts, dit in die jare veertig gedoen het. In Desember 1944 is staatsamptenare verbied om lid te wees en die verbod het bly staan tot na die Nasionale Party in 1948 die bewind oorgeneem het.Ensiklopedie van die Wêreld. 1971. Broederbond.

Gedurende die apartheidsjare was meeste regeringsministers, asook invloedryke kerkleiers, akademici, professionele, militêre en polisiebeamptes lede van die vereniging. Dit was gereeld aangetyg en altyd ontken dat die belangrike besluite van die Suid-Afrikaanse staat deur die toe baie geheimsinnige Broederbond gemaak is. In Julie 1968 het appèlregter D.H. Botha in opdrag van die regering die sake van die Broederbond (saam met ander geheime organisasies) ondersoek. Hy het die Broederbond van alle blaam onthef.

In 1979 het die boek Broederbond: The Super-Afrikaners, deur Ivor Wilkins en Hans Strydom, groot opslae gemaak omdat dit nie net ’n exposé van die Broederbond was nie, maar ook ’n bylaag van 139 bladsye gehad het waarin die naam, beroep en ander inligting van elke lid van die Broederbond verskyn het.

Leiers Die voorsitters van die Broederbond was:

Naam Titel Van Tot Klopper, HJ 1918 1924 Nicol, W Ds. 1924 1925 Greybe, JH 1925 1928 Potgieter, JW 1928 1930 du Plessis, LJ Prof. 1930 1932 van Rooy, JC Prof. 1932 1938 Diederichs, N Dr. 1938 1942 van Rooy, JC Prof. 1942 1952 Thom, HB Prof. 1952 1960 Meyer, PJ Dr. 1960 1972 Treurnicht, AP Dr. 1972 1974 Viljoen, G Prof. 1974 1980 Boshoff, CWH Prof. 1980 1983 de Lange, JP Prof. 1983 1993 de Beer, TL 1993 1994

Verwysings

Kategorie:Afrikaner-Broederbond Kategorie:Politieke organisasies in Suid-Afrika Kategorie:Afrikanernasionalisme Kategorie:Geheime organisasies Kategorie:Suid-Afrikaanse samelewing Kategorie:Suid-Afrikaanse organisasies