duimnael|Gold Reef City se mynskag.

Gold Reef City is 'n pretpark in Johannesburg, Suid-Afrika wat in die 1980’s op 'n ou goudmyn gebou is. Die tema van die park is deur die goudstormloop aan die Witwatersrand geïnspireer. Parkpersoneel dra uniforms wat ooreenkomste toon met die van die 1880's en die geboue in die park is ontwerp om dieselfde tydperk na te boots.

Vir 'n minimale bedrag kan 'n ondergrondse toer deur 'n werkende goudmyn onderneem word, waarna die giet van 'n werklike goudstaaf deur die mynpersoneel aanskou kan word. Daar is ook 'n museum op die terrein oor die goudmynbedryf.

Daar is ook vele pretritte by Gold Reef City, onder andere waterritte en mallemeules. Die regstreekse uitsendings van Idols word in die "hippodrome", 'n groot ouditorium in die park, verfilm.

Gold Reef City is in die suide van 'n sakegebied langs die M1-snelweg geleë. Dit is ook die tuiste van die Apartheidsmuseum.

Ritte Mallemeules Naam van rit Beskrywing Oprigter Jaar Anaconda Giovanola1999 Golden Loop Anton Schwarzkopf1989 Jozi Express Zierer2004 Run A Way Mine Train Mack rides? Tower of Terror2001

Waterritte Raging River Rapids Lazy Boats River Ride

Ander besienswaardighede 4D Teater Co-Co Pan Dodgems Giant Wheel Miner's Revenge Old Mill UFO Ride

Fotogalery

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike Webwerf

Kategorie:Geboue en strukture in Johannesburg