Hierdie artikel handel oor die wenners van die Super 14-kompetisie. Vir inligting oor vorige jare se wenners, sien Lys van Super 12-kampioene. regs|Super 14
Super 14-kampioene is die titel van die wenner van die Super 14-kompetisie. Die toernooi was van 1996 tot 2005 bekend as die Super 12, maar na uitbreiding en die gevolglike toevoeging van die Western Force en die Cheetahs is die naam gewysig om die nuwe aantal spanne in die kompetisie te reflekteer. Hierdie bladsy is ’n lys van die spanne wat die Super 14 gewen het.
Die toernooi was in die formaat van ’n rondomtalie waarin elke span een keer teen elk van die ander spanne gespeel het. Die finale tabelposisie aan die einde van die rondomtalietoernooi bepaal wie deurgedring het na die halfeindrondes. 4 punte was toegeken vir ’n oorwinning, 2 vir ’n gelykopuitslag en 0 vir ’n verloor. Bonuspunte was ook toegeken aan ’n span wat 4 of meer drieë gedruk het in ’n wedstryd (ongeag van die uitslag) of wanneer ’n span met 7 punte of minder verloor het. Die 4 spanne met die meeste ligapunte aan die einde van die rondomtalietoernooi het deurgedring na die uitspeelrondes. Die boonste twee spanne kry die voordeel van tuiswedstryde. Die vierde span speel dan teen die eerste span op die eerste span se tuisveld en die derde span speel teen die tweede span op die tweede span se tuisveld. Die twee spanne wat hier wen dring deur na die eindrondte wat gespeel word op die span se tuisveld wat, van die twee, meer punte gehad het na die tondomtalie. In die geval van gelyke punte word die spanne se punteverskil in berekening gebring en die span met die grootste punteverskil kry die voorrang. Die punteverskil word uitgewerk deur die hoeveelheid punte wat ’n span afgestaan het, af te trek van die hoeveel punte wat ’n span aangeteken het. Indien die punteverskil ook dieselfde is, kry die span wat die meeste drieë gedruk het in die seisoen voorrang.
Uitslae Hoe punte aangeteken is wen = 4 punte gelyk = 2 punte verloor = 0 punte vir = Totale punte aangeteken teen = Totale punte afgestaan verskil = Punte afgestaan afgetrek van punte aangeteken Bonuspunte = Sien verduideliking hierbo
Toernooie (2006-2010) Spanne wat gelys word is die spanne wat in die top 4 van die rondomtalietoernooi geëindig het en gekwalifiseer het vir die halfeindrondtes. Tellings is so geskryf dat die span in daardie kolom s'n eerste genoem word. Die span wat uitgelig is, is die span wat daardie seisoen se kompetisie gewen het. JaarTydperkTabelposisieSpanWedstrydePunteBonus-punteTabel-punteHalfeind-tellingEind-tellinggespeelgewengelykopverloorvirteenverskil2006 Brumbies Rugby, 2006 Tooheys New Super 14 Competition Table . URL besoek op 11 Julie 2006.10 Februarie –27 Mei1Crusaders131111412210+20255135-1519-122Hurricanes131003328226+10274716-1412-193Waratahs13904362192+17094514-16NVT4Bulls13715355290+6573815-35NVT20072 Februarie –19 Mei1Sharks131003355214+14154534–1819–202Bulls13904388223+16564227–1220–193Crusaders13805382235+147104212–27NVT4Blues13904355235+12064218–34NVT200815 Februarie –31 Mei1Crusaders131102369176+19385233–2220–122Waratahs13913255186+6954328–1312–203Sharks13913271209+6244213–28NVT4Hurricanes13814310204+10674122–33NVT200913 Februarie –30 Mei1Bulls131003338271+6764636–2361–172Chiefs13904338236+10294514–1017–613Hurricanes13904380279+10184410–14NVT4Crusaders13814231198+3374123–36NVT201012 Februarie –29 Mei1Bulls131003436345+9174739–2425–172Stormers13904365171+19484425–617–253Waratahs13805366308+587436–25NVT4Crusaders13814388295+9374124–39NVT
Totale seges Super 14
SpanKampioenskap(pe)Bulls3Crusaders2
Superrugby Super 12- en Super 14-kampioenskappe. SpanKampioenskappeCrusaders7Blues3Bulls3Brumbies2
Verwysings
Sien ook Lys van Super 12-kampioene Lys van Superrugbykampioene Superrugby
Kategorie:Superrugby