Ethiopiese Lugdiens Vlug 409 Datum: 25 Januarie 2010 Oorsaak: Vlieëniermoegheid/ menslike fout Plek van ramp: Middellandse See, 3.5km vanaf die kus van Na'ameh, Libanon Sterftes: 90 (16 bevestig) Beserings: Nie van toepassing Vliegtuig Tipe: Boeing 737-8AS Vliegtuig Stertnommer: ET-ANB Oorsprong: Beiroet Rafic Hariri Internasionale Lughawe, Libanon Bestemming: Bole Internasionale Lughawe, Addis Abeba, Ethiopië Passasiers: 82 Bemanning: 8 Oorlewendes: Geen
Ethiopian Airlines Vlug 409 was 'n geskeduleerde internasionale vlug vanaf Beiroet, Libanon na Addis Abeba, Ethiopië, wat op 25 Januarie 2010 kort nadat dit opgestyg het, in die Middellandse See neergestort het. Al 90 mense aan boord het omgekom.
Die vliegtuig Die vliegtuig betrokke was 'n Boeing 737-8AS met registrasie ET-ANB. Die vliegtuig het oorspronklik aan Ryanair behoort en is op 4 Februarie 2002 bekom en geregistreer as EI-CSW. In September 2009 is dit aan die Ethiopiese Lugdiens verhuur. Die vliegtuig het op 25 Desember 2009 instandhoudingswerk ondergaan sonder dat enige tegniese probleme gevind is.
Ongeluk Die Boeing 737 het in die Middellandse See neergestort kort nadat dit van die Beiroet Rafic Hariri Internasionale Lughawe in stormagtige weer opgestyg het. Daar was 82 passasiers en 8 bemanningslede aan boord van die vlug. Die METAR data het windsnelhede van 8 knope (15 km/h) uit verskillende rigtings en donderstorms in die omgewing van die lughawe aangedui. Die vliegtuig het tot 'n hoogte van 9000 voet geklim voordat dit na omtrent vier tot vyf minute in die vlug van die radar verdwyn het. Ooggetuies aan die kus het gemeld dat die vliegtuig aan die brand was voordat dit in die see gestort het. Die vlug was oppad na Addis Abeba en sou 07:50 plaaslike tyd land.
Dit was die eerste ongeluk in of naby die Beiroet Internasionale Lughawe sedert 1987 toe 'n Midde-Oosterse Lugdiens Boeing 707-323C daar verongeluk het. Dit was ook die eerste ongeluk vir die lugredery sedert die kaping van Ethiopiese Lugdiens Vlug 961 in 1996.
Soek- en reddingsoperasie Die oggend na die ongeluk het die Libanese owerhede gerapporteer dat die ongelukstoneel 3,5 kilometer vanaf die kus van Na'ameh geleë is. Die soektog na oorlewendes is deur die Libanese Weermag uitgevoer. Die weermag het van Sikorsky S-61 helikopters gebruik gemaak asook hulp van die Libanese Vloot en UNIFIL-troepe. Die VSA se militêre magte het op versoek van die Libanese regering, die USS Ramage, 'n Marine Lockheed P-3 Orion vliegtuig, en die herwinningskip USNS Grapple na die ongelukstoneel gestuur. Die Franse Vloot het 'n Bréguet 1150 Atlantic verkenningsvliegtuig gestuur. Die UNIFIL het drie skepe en twee helikopters gestuur. Die Royal Air Force en die Siprus polisie se lugvleuel het verdere helikopters beskikbaar gestel om te help met die soek- en reddingsoperasie. Reddingspogings is aanvanklik deur hoë golwe en sterk winde belemmer. Wrakstukke soos stoele en kleiner dele van die vliegtuig het op die Libanese kus uitgespoel. Op 6 Februarie is net 16 sterftes amptelik bevestig, maar al 90 mense aan boord van die vliegtuig is vermoedelik oorlede.
Die lyke wat uit die see gehaal is, is na die Rafik Hariri Universiteitshospitaal in Beiroet geneem vir DNS onttrekking en identifikasie. Op 5 Februarie is berig dat die Amerikaanse skip, die Odyssey Explorer die volgende week sou arriveer om te help na die soektog van die vliegtuig se kajuitstemopnemer en vlugdata-opnemer. Die Libanese Weermag het op 6 Februarie berig dat verskeie groot dele van die vliegtuig op 'n diepte van 45 meter op die seebodem gevind is. Op 7 Februarie 2010 het skubaduikers van die Libanese Weermag die vliegtuig se vlugdata-opnemer gevind en is dit na die Beiroet Vlootbasis gestuur en aan die ondersoekspan oorhandig
Ondersoek Die Libanese owerhede het 'n ondersoek na die ongeluk gelas. Die National Transportation Safety Board (NTSB), die Franse Bureau d'Enquêtes et d'Analyses pour la Sécurité de l'Aviation Civile (BEA) en Boeing het saamgewerk om die oorsaak van die ongeluk te bepaal.
Die Libanese president, Michel Suleiman het verklaar dat terrorisme uitgesluit kon word as oorsaak vir die ongeluk. Die Libanese Minister van Inligting, Tarek Mitri het aantygings weerspreek dat die vliegtuig nooit in sulke stormweer moes opstyg nie en beweer dat al die bedrywighede op die lughawe normaal en korrek uitgevoer was soos gewoonlik. Libanese Vervoer en Openbare Werke minister, Ghazi Aridi en die Libanese Minister van Verdediging, El-Murr Elias het gemeld dat die vlieënier instruksies van die beheertoring verontagsaam het toe dié hom aanbeveel het om sy roete aan te pas en die storm te vermy.
Die Ethiopiese Lugdiens het 'n span van veertien ondersoekers na die toneel van die ongeluk ontbied. Die Verenigde State het ook deskundiges van die National Transportation Safety Board gestuur om te help met die ondersoek. Die NTSB-span is bygestaan deur drie tegniese raadgewers van die Federal Aviation Administration en Boeing. Op 4 Februarie was die vlugdata-opnemer en kajuitstemopname in die see opgespoor op 'n diepte van 100 meter en ongeveer 3 kilometer van die kus van Na'ameh. Op 7 Februarie is die vlugdata-opnemer uit die see herwin en na die Bureau d'Enquêtes et d'Analyses pour la Sécurité de l'Aviation Civile gestuur waar dit ontleed is. Op 16 Februarie is berig dat die kajuitstemopname uit die see gehaal is.
Sommige lugvaartkenners meen dat slegte weer nie alleen verantwoordelik kon wees dat 'n vliegtuig net neerstort nie, en dat daar tegniese probleme moes wees wat veroorsaak het dat die enjin aan die brand geslaan het. Voorlopige verslae het aangedui dat die ongeluk te wyte was aan menslike foute.
Britse intelligensie-agente het die saak in Maart heropen na berigte van 'n terreurverdagte wat in Saoedi-Arabië in hegtenis geneem is, wat sou gesê het Vlug 409 is deur 'n bom vernietig. Die verdagte het gesê dat die toestel soortgelyk is aan die een wat gebruik is deur Umar byna Abdulmutallab Farouk by Northwest Airlines Vlug 253.
Passasiers en bemanningslede Volgens Anne Charlotte van die Franse ambassade in Libanon, was die vrou van die Franse ambassadeur in Libanon, Marla Sanchez Pietton, aan boord."Bodies found from Ethiopian Airlines crash." CNN. 25 Januarie 2010. URL besoek op 2010-04-06.
Die lugredery het die volgende lys van die nasionaliteite van die slagoffers uitgereik: "ET-409 Incident – 25 January 2010." Ethiopian Airlines. 25 Januarie 2010. URL besoek op 2010-04-07.
NasionaliteitPassasiersBemanningsledeTotaal51-51238312-21-11-11-11-11-11-1 Totaal 82 8 90
Gevolg 'n Gedenkdiens is in die Ethiopiese Lugdiensperseel in Addis Abeba op 14 Februarie 2010 gehou. "ET Flight 409 Accident Update 10 – 16 February, 2010." Ethiopian Airlines. URL besoek op 9 April 2010. Op die dag van die ongeluk, het die Libanese premier, Saad Hariri die dag as 'n dag van rou verklaar en alle skole, kantore en banke is gesluit.
Verwysings
Eksterne Skakels BBC Foto's Persvrystellings Argief – ET409/25JAN Vlug 409 by die Aviation Safety Network
Kategorie:Vliegongelukke