duimnael|links|Ligging van die Swartsee duimnael|links|Die Swaelnes op die rotse van die Swartsee op die Krimskiereiland in Oekraïne duimnael|links|Die Swartsee in Batoemi, Adzjarië, Georgië Die Swartsee of Swart See (Abchasies: Амшын Еиқәа Amshyn Eikʷa, Bulgaars: Черно море Cherno more [ˈtʃɛrno moˈrɛ], Georgies: შავი ზღვა Shavi zghva, Roemeens: Marea Neagră [ˈmare̯a ˈne̯aɡrə], Russies: Чёрное мо́рe Chornoye morye [ˈtɕɵrnəjə ˈmorʲɪ], Turks: Karadeniz [kaˈɾadeniz], Oekraïns: Чорне море Chorne more [ˈtʃɔrnɛ ˈmɔrɛ]) is ’n binnesee wat omring word deur Europa, Anatolië en die Kaukasus. Dit word met die Atlantiese Oseaan verbind deur die Middellandse en die Egeïese See en verskeie seestrate: Die Bosporus-seestraat verbind dit met die See van Marmara, en dié word deur die Dardanelle-seestraat verbind met die Egeïese See, wat deel is van die Middellandse See. Dié watermassas is die skeiding tussen Oos-Europa en Wes-Asië. Die Swartsee is ook aan die See van Azof verbind deur die Kertsj-seestraat.

Grootte Die Swartsee het ’n oppervlakte van 436 402 km², ’n maksimum diepte van 2 212 m en ’n volume van 547 000 km³.

Die naam Die Swartsee is een van vier seë wat in Afrikaans en ander tale ná kleure genoem is – die ander is die Geel-, Rooi- en Witsee. Die rede vir die "kleurterm" as naam kan ’n antieke toewysing van kleure aan die windrigtings wees: swart het noord aangedui, rooi suid en geel oos.

’n Ander verduideliking is die kleur van die Swartsee se diep water. Dit is verder noord en minder sout as die Middellandse See en daarom is die konsentrasie van alge veel hoër, en dit veroorsaak die donker kleur. Sigbaarheid in die Swartsee is gemiddeld 5 meter in vergelyking met 35 meter in die Middellandse See.

Stede en dorpe langs die kus

Nedersetting Huidige land Oorspronklike land Besonderhede Albena Bulgarye Batoemi Georgië Boergas Bulgarye Constanța Roemenië Jalta Rusland Oekraïne Op die Krim Kertsj Rusland Oekraïne Op die Krim Noworossiisk Rusland Odessa Oekraïne Samsun Turkye Sewastopol Rusland Oekraïne Op die Krim Soechoemi Abchasië Georgië Sotsji Rusland Sozopol Bulgarye Trabzon Turkye Warna Bulgarye Zonguldak Turkye

Verwysings

Eksterne skakels

Ruimte-monitering van die Swartsee se kuslyn en water Foto's

Kategorie:Geografie van Bulgarye Kategorie:Geografie van Georgië Kategorie:Geografie van Oekraïne Kategorie:Geografie van Roemenië Kategorie:Geografie van Rusland Kategorie:Geografie van Turkye