Schweizer-Reneke is 'n dorp in die Noordwesprovinsie van Suid-Afrika.

Geskiedenis Die dorp is in 1885 gestig op die plek van 'n inheemse nedersetting, Mamusa. Dit is vernoem na kaptein Schweizer en veldkornet Renecke, wat in 1885 tydens 'n ekspedisie teen die plaaslike stam om die lewe gebring is. Daar was gevegte in die omgewing tydens die Anglo-Boereoorlog, toe onder meer die NG kerkpastorie van ds. G.F.C. Faustmann, eerste leraar van die plaaslike gemeente, afgebrand is.

Distrik Die distrik is 4 065 km2 groot. Vandag is dit 'n boerderysentrum met mielies, sorghum, grondbone en sonneblomsaad die belangrike produkte wat verbou word. Die Wentzeldam in die Hartsrivier is net noord van die dorp.

Bekende boorlinge en inwoners Eveleen Castelyn, digter Wynand Claassen, oud-Springbokkaptein. Ahmed Kathrada, politikus Elisabeth Eybers, digter Irma Stern, skilder Essop Pahad, politikus

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Bronne Eric Rosenthal: Encyclopaedia of Southern Africa, Kaapstad en Johannesburg: Juta and Company Limited, 1978.

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Noordwes