Die Lechitiese tale is 'n subgroep van die Wes-Slawiese tale.
Volgens die heersende mening in die Slawiese taalkunde het tydens die Gemeenslawiese periode (tussen omstreeks 500 en 800 n.C.) 'n groep Wes-Slawiese dialekte tot selfstandige tale begin ontwikkel: Silesies, Pomeraans (dikwels ook Oossee-Slawies genoem, met Kasjoebies en Slowinsies), Polabies (dikwels ook Elbslawies genoem) en Pools. Na hierdie groep Wes-Slawiese tale word ook as Lechitiese tale verwys, afgelei van 'n ou Slawiese term vir Pool (Lech of Lach). In teenstelling met die Tsjegge (*čěchy) is na sprekers van Lechitiese tale ook as *lěchy verwys, terwyl Lechia as 'n alternatiewe naam vir Pole gebruik is.
Kenmerke Gemeenskaplike kenmerke van Lechitiese tale sluit in: Verandering van die Proto-Slawiese ě, e, ę voor alveolare medeklinkers na a, o, ą, . Die Proto-Slawiese klanke dj, gě, gi word behou as dz , dze , dzy . Die oorgang van g → h vind nie plaas nie. Nasale word bybehou. In Pools en Kasjoebies vind die sogenaamde vierde palatalisering plaas.
Literatuur Stanisław Rospond: Gramatyka historyczna języka polskiego. Warskou: PWN 2005, bl. 21-22 Ewa Siatkowska: Rodzina języków zachodniosłowiańskich. Warszawa: PWN 1992, bl. 46-50
Eksterne skakels
Kategorie:Taalfamilies Kategorie:Wes-Slawiese tale