Danie Botha (gebore 25 Junie 1964 in Pretoria) is 'n Afrikaanse sanger wat veral geestelike liedere sing. Sy debuutalbum, Wenners, is in 1989 vrygestel. Van sy treffers sluit in: Wenners en Ek kan.Musicians.co.za , besoek op 26 Maart 2010.

Danie is op 28 September 1991 met Daleen getroud. Danya, hul dogtertjie, is op 6 Julie 2004 gebore.

Voorspelling van die wegraping in September 2025 Botha het in 2025 in YouTube-videos met temas “Die wegraping is hier”, “Die tyd is min" en “Die laaste sewe dae” beweer dat die Bybelse feeste die wegraping met “wiskundige presisie se tydsberekening” bevestig. Die wegraping sal volgens hom op 23 en 24 September 2025 plaasvind. Dit sal wees in die tyd van die Fees van Trompette (ook bekend as Jom Teroes of Roosj Hasjana) wat in die Joodse geloof en sommige Christen-kerke gevier word, en in 2025 van sonsondergang op 22 September tot sonsondergang op 24 September sal duur.Johan Eybers, Gospelsanger Danie het ‘n konsert aan na sy wegraping. Rapport (Netwerk24). 21 September 2025. Die voorspelling het reaksie op sosial media ontlok.

Botha het op 25 September 2025 in ’n onderhoud met Izak du Plessis (Nuuspod) jammer gesê nadat sy wegraping-voorspelling, 'n vals alarm was. Hy het bygevoeg dat hy nooit bedoel het om enige iemand te mislei nie. Botha het in sy onderhoud met Izak du Plessis gesê sy hart is swaar vir dié wat verraai of verward gevoel het. Luister FM 25 September 2025

Diskografie Ateljeealbums Wenners (1989) Ek Kan (1990) You're A Star (1991) Kom Saam (1992) Shofar (1993) Loof Die Here (1994) El Shaddai (1995) Die Houtkruis (1996) Jump For Joy (1997) Selah (1998) Duet 2 (1995/1997, saam met Piet Smit) I'm A Believer (1998) Duet 3 (saam met Piet Smit) Agapé (1999) You Are God (1999) Shalom Kyk, Hy Kom! (2002) Shalom Amazing Grace (2002, saam met Piet Smit) Whispering Hope (2003, saam met Piet Smit) Shofar (2003) Go Light Your World (2004, saam met Piet Smit) Die Beginjare Dankie (saam met Piet Smit) Al Wat Ek Is (2005) Geestelike Wenners Master Of The Wind Lei My (2006) Bestes For Just A Moment (2008)

Versamelalbums Treffers 1990-1993 25 Gunsteling Geestelike Treffers (1999) Die Duetversameling (saam met Piet Smit) How Great Thou Art - The Duet Collection (saam met Piet Smit) 50 Gewildste Treffers (2007)

DVD Kyk, Hy Kom! Only Believe Lei My: "Live" (2008) Only Believe Kyk Hy Kom DVD 2009

Verwysings

Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musikante

Eksterne skakels Danie Botha se amptelike webtuiste

Botha, Danie Botha, Danie Kategorie:Lewende mense