Afrikaanse Satelliettelevisie (afgekort ASTV) is 'n Afrikaanse TV-kanaal wat plaaslikvervaardigde rolprente, reekse, musiek en programme uitsaai. 'n StarSat-satellietdekodeerder word benodig om die uitsendings te ontvang. ASTV se slagspreuk is Vir ons mense. Die kanaal is in Rustenburg in Noordwes, Suid-Afrika, gebaseer.
ASTV kon aanvanklik gratis opgevang word met sekere satellietdekodeerders, maar vanaf 1 Oktober 2010 het ASTV eksklusief uitgesaai op die TopTV-platform, wat beteken dat kykers 'n TopTV-dekodeerder en -skottel benodig. TopTV het egter in Januarie 2014 hul naam verander na StarSat. Vanaf 1 Januarie 2012 het ASTV 'n nuwe logo en slagspreuk. Die kanaal laai ook vollengte-episodes van populêre programme op hul Vimeo-webblad.
Programme Van die programme wat op ASTV uitgesaai word sluit in:
Vaskap Karoolus en Lente Feesvoete Na-Sonop Paparazzi KIEF Ons gesels met Kollig Innie Ark Aeroklub Restaurant toe Diere Maniere My Storie Dokter My Kop is oppie tafel Kom Braai Net 'n skeppie sous Kalahari Brekfis Styl in aksie Wetswenke Dit maak saak Wat maak jy? Klankbaan
Sien ook kykNET, M-Net se Afrikaanse TV-kanaal. TopTV, Die satelliet platform waarop ASTV uitsaai.
Eksterne skakels ASTV se amptelike webtuiste ASTV se vimeo video webblad
Kategorie:Afrikaanse televisiekanale Kategorie:Suid-Afrikaanse televisiekanale