Rosettenville is 'n voorstad in die suide van Johannesburg, Suid-Afrika. Dit is 5 km suid van die stadsaal geleë, suid van La Rochelle, oos van Kenilworth en wes van The Hill.
duimnael|links|210px|Vandat die NG gemeente Rosettenville in die middel 1970's by Klipriviersberg ingelyf is, het Klipriviersberg van Rewlatch af oorgetrek en eersgenoemde se kerkgebou op die hoek van George- en Lilystraat, Rosettenville, gebruik, maar nadat Suid-Rand ook deel van Klipriviersberg geword het, het die gemeente na Suid-Rand se kerkkompleks in Suidheuwels verskuif.
Geskiedenis Rosettenville is een van Johannesburg se oudste voorstede aangesien dit reeds in 1889, drie jaar ná die stad se stigting, op die plaas Turffontein aangelê is. Die naam is ontleen aan die van van die stigters, Levin of Leo Rosettenstein en sy seun Albert.
Die heel eerste Nandos-restaurant is in Rosettenville geopen.
Rosettenville is onder meer bekend as die plek waar die reggae-musikant Lucky Dube in Oktober 2007 voor sy kinders doodgeskiet is.
Bron Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers.
Verwysings
Kategorie:Voorstede van Johannesburg