Isjaslaf I (Russies: Изясла́в Яросла́вич; 1024-3 Oktober 1078) het as grootprins oor Kiëf-Roes regeer. Hy was die seun van Jaroslaf die Wyse.

Isjaslaf was een van die skrywers van die Prawda Jaroslawitsjei, ’n onderdeel van die Roesskaja Prawda, die eerste wetboek van Kiëf-Roes.

In 1043 het sy pa ’n ooreenkoms met koning Casimir I van Pole aangegaan waarin Tsjervern erken is as deel van Kiëf-Roes. Die ooreenkoms is verseël met ’n dubbele huwelik: dié van Casimir met Dobronega, Jaroslaf se suster, en van Isjaslaf met Gertrude, Casimir se suster. Uit laasgenoemde huwelik is Isjaslaf se seun Jaropolk gebore. Sy ander seun, Swjatopolk, was die resultaat van ’n buite-egtelike verhouding.

Ná ’n volksopstand in 1068 is Isjaslaf van die troon gesit en het hy na Pole gevlug. In 1069 het hy Kiëf met die hulp van ’n Poolse leër ingeval, maar in 1073 is hy deur sy broers verdryf. In 1077 het hy Kiëf nogmaals ingeneem, maar hy is in ’n geveg teen Oleg van Tsjernigof dood.

Verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel :nl:Iz'jaslav I van Kiev

Kategorie:Geboortes in 1024 Kategorie:Huis van Rjoerik Kategorie:Russiese grootprinse Kategorie:Sterftes in 1078