Joseph Allison (gebore in die Kaapkolonie) was 'n Suid-Afrikaanse politikus. In 1851 was hy klerk vir die Britse Resident en die Wetgewende Raad van die Oranjerivier-soewereiniteit. Nadat die gebied onafhanklikheid verkry het as die Oranje-Vrystaat het Allison 'n lid van die Volksraad geword asook Staatsekretaris (1862-1863) en Tesourier-generaal van die Oranje-Vrystaat. In 1863 was hy vir 'n kort rukkie waarnemende Staatspresident van die Oranje-Vrystaat nadat Staatspresident Pretorius na die Transvaal gegaan het. Allison het 'n sterk simpatie met die Britte gehad.
Verwysings
Kategorie:Presidente van die Oranje-Vrystaat Kategorie:Suid-Afrikaanse politici