duimnael|220px|regs|Anna Anderson, wat beweer het sy is Anastasia, dogter van tsaar Nikolaas II van Rusland.

Anna Anderson (16 Desember 1896 – 12 Februarie 1984) is die bekendste van die baie mense wat voorgegee het hulle is ’n oorlewende gesinslid van tsaar Nikolaas II van Rusland ná die moord op die keiserlike gesin. Sy het beweer sy is Nikolaas II se jongste dogter, Anastasia. Die regte Anastasia is op 17 Julie 1918 in Jekaterinburg, Rusland, saam met haar ouers, susters en broer deur die Bolsjewiste tereggestel, maar dit was onbekend wat van hulle lyke geword het.

In 1920 is Anderson opgeneem in ’n hospitaal vir geestelik versteurdes nadat sy in Berlyn probeer selfmoord pleeg het. Sy het haarself daarna eers Fräulein Unbekannt (Duits vir "Mejuffrou Onbekend") genoem en geweier om haar identiteit bekend te maak. Later het sy eers die van Tschaikovsky en toe Anderson gebruik. In Maart 1922 het bewerings dat sy Anastasia is, vir die eerste keer die publiek se aandag getrek. Die meeste oorlewende lede van die Romanof-familie het gesê dat Anderson jok, maar baie mense het haar geglo. In 1927 het ’n privaat speurder, wat deur die tsarina se broer, Ernst Ludwig, groothertog van Hesse, aangestel is, uitgevind Anderson is Franziska Schanzkowska, ’n Poolse fabriekwerker met ’n geskiedenis van geestelike versteuring. Ná ’n hofsaak wat baie dekades geduur het, het ’n Duitse hof beslis Anderson kon nie bewys dat sy Anastasia is nie.Klier and Mingay, p. 109; Kurth, Anastasia, pp. 10, 53

Tussen 1922 en 1968 het Anderson in Amerika en Duitsland gewoon en in sanatoriums en verpleeginrigtings. Sy het in 1968 na Amerika geïmmigreer en kort voordat haar visum verval het, getrou met Jack Manahan, ’n geskiedenisprofessor van Virginië. Ná haar dood in 1984 is Anderson se lyk veras en in Duitsland begrawe. Ná die verbrokkeling van die Sowjetunie is bekend gemaak waar die lyke van die tsaar, tsarina en al vyf hulle kinders is en verskeie laboratoriums in verskeie lande het hulle identiteit deur middel van DNS-toetse vasgestel. Toetse op hare en ander weefsel van Anderson het gewys dat haar DNS nie ooreenstem met die Romanof-familie s’n nie,Van der Kiste and Hall, p. 174 maar wel met dié van Karl Maucher, ’n familielid van Franziska Schanzkowska. Wetenskaplikes, historici en die groot nuusagentskappe aanvaar dat Anderson wel Schanzkowska was.Massie, p. 249

Dalldorf-inrigting (1920-'22) Op 27 Februarie 1920Berlynse polisieverslag, aangehaal deur Krug von Nidda in I, Anastasia, p. 89 het ’n onbekende jong vrou in Berlyn probeer selfmoord pleeg deur van die Bendlerstrassebrug in die Landwehrkanaal te spring. Sy is deur ’n polisiesersant gered en opgeneem in die Elisabeth-hospitaal aan Lützowstrasse. Omdat sy nie identiteitsdokumente gehad het nie en geweier het om haarself te identifiseer, is sy as Fräulein Unbekannt ("Mejuffrou Onbekend") opgeneem in ’n geesteshospitaal in Dalldorf (nou Wittenau, in Reinickendorf), waar sy die volgende twee jaar gebly het.Klier en Mingay, p. 93; Berlynse polisieverslag, aangehaal deur Krug von Nidda in I, Anastasia, p. 89 Die onbekende pasiënt het littekens aan haar kop en liggaam gehadKing en Wilson, pp. 82–84; Massie, p. 163 en het Duits gepraat met ’n aksent wat deur mediese personeel as "Russies" beskryf is.Verpleegster Erna Buchholz en dr. Bonhoeffer aangehaal deur Krug von Nidda in I, Anastasia, pp. 95–96

thumb|Foto’s wat by die Dalldorf-inrigting van Anna Anderson geneem is ná haar selfmoordpoging in 1920. Aan die begin van 1922 het Clara Peuthert, ’n medepasiënt in die sielsiekehospitaal, beweer die onbekende vrou is groothertogin Tatjana van Rusland, een van die vier dogters van keiser Nikolaas II.I, Anastasia, p. 91; Klier en Mingay, p. 94; Kurth, Anastasia, p. 14 Na haar vrylating het Peuthert aan die Russiese emigrantkaptein Nicholas von Schwabe gesê sy het Tatjana in Dalldorf gesien.King en Wilson, p. 91; Klier en Mingay, p. 94, Kurth, Anastasia, pp. 16–17 Schwabe het die inrigting besoek en die vrou as Tatjana aanvaar.Kurth, Anastasia, p. 21; Welch, p. 103 Hy het ander emigrante oorreed om die onbekende vrou te besoek, insluitende Zinaida Tolstoi, ’n vriendin van keiserin Aleksandra. Uiteindelik het barones Sophie Buxhoeveden, ’n voormalige hofdame van die tsarina, saam met Tolstoi die inrigting besoek. Toe sy die vrou sien, het Buxhoeveden verklaar: "Sy is te kort vir Tatjana."Klier en Mingay, p. 95; Kurth, Anastasia, p. 25; Massie, p. 163 Sy het vertrek, oortuig dat die vrou nie ’n Russiese groothertogin was nie.I, Anastasia, p. 93; Hall, p. 340; Kurth, Anastasia, p. 25 ’n Paar dae later het die onbekende vrou opgemerk: "Ek het nie gesê ek is Tatjana nie."Klier and Mingay, p. 95; Kurth, Anastasia, p. 26

’n Verpleegster by Dalldorf, Thea Malinovsky, het jare ná die pasiënt se vrylating uit die inrigting beweer die vrou het haar in die herfs van 1921 vertel sy is ’n ander dogter van die tsaar, Anastasia.Kurth, Anastasia, p. 12 Die pasiënt self kon egter nie die voorval onthou nie.I, Anastasia, p. 91 Haar biograwe ignoreer óf Malinovsky se beweringKlier en Mingay, pp. 93–94 óf verweef dit in hulle vertelling.King en Wilson, pp. 88–89; Massie, p. 163

Duitsland en Switserland (1922-'27) Teen Mei 1922 het Peuthert, Schwabe en Tolstoi geglo die vrou was Anastasia, hoewel Buxhoeveden gesê het daar is geen ooreenkoms nie.I, Anastasia, p. 93; Klier en Mingay, p. 95 Nietemin is die vrou uit die inrigting geneem en ’n kamer gegee in die Berlynse huis van baron Arthur von Kleist, ’n Russiese emigrant wat ’n polisiehoof in Russiese Pole was voor die val van die tsaar. Die Berlynse polisieman wat die saak hanteer het, speurinspekteur Franz Grünberg, het gedink Kleist "het dalk bymotiewe gehad, soos in emigrantkringe gesuggereer is: As die ou toestande ooit in Rusland herstel sou word, het hy groot bevordering verwag danksy die feit dat hy na die jong vrou omgesien het."Brief van Grünberg aan sy hoof, aangehaal deur Krug von Nidda in I, Anastasia, p. 92

Sy het begin om haarself Anna Tschaikovsky te noem,Klier en Mingay, p. 96; Kurth, Anastasia, p. 53; Berlynse polisierekords, aangehaal deur Krug von Nidda in I, Anastasia, p. 112 en het "Anna" gekies as ’n kort vorm van "Anastasia",I, Anastasia, p. 98; Klier en Mingay, p. 96 hoewel Peuthert "haar oral as Anastasia beskryf het".Grünberg se aantekeninge, aangehaal deur Krug von Nidda in I, Anastasia, p. 112 Tschaikovsky het in die huise van bekendes gebly, insluitend Kleist, Peuthert, ’n arm werkersklasgesin met die naam Bachmann, en op inspekteur Grünberg se landgoed by Funkenmühle, naby Zossen.I, Anastasia, pp. 100–112; Klier en Mingay, pp. 97–98; Kurth, Anastasia, pp. 29–63 By Funkenmühle het Grünberg gereël dat die tsarina se suster, prinses Irene van Hesse en by Ryn, Tschaikovsky ontmoet, maar Irene het haar nie herken nie.Klier en Mingay, pp. 97–98; Kurth, Anastasia, pp. 51–52; Krug von Nidda in I, Anastasia, pp. 103, 106–107; Welch, p. 108 Grünberg het ook ’n besoek van kroonprinses Cecilie van Pruise gereël, maar Tschaikovsky het geweier om met haar te praat, en Cecilie is verward deur die ontmoeting gelaat.I, Anastasia, p. 115; Kurth, Anastasia, p. 64; Klier en Mingay, p. 98; Massie, p. 168 Later, in die 1950’s, het Cecilie ’n verklaring onderteken dat Tschaikovsky Anastasia was,Kurth, Anastasia, p. 343; Massie, p. 168; Krug von Nidda in I, Anastasia, p. 116 maar Cecilie se familie het haar verklaring betwis en gesuggereer dat sy demensie het.Kurth, Anastasia, p. 343

Teen 1925 het Tschaikovsky ’n tuberkulose-infeksie aan haar arm ontwikkel, en sy is in opeenvolgende hospitale vir behandeling geplaas. Sy was siek en byna sterwend, en het aansienlik gewig verloor.Kurth, Anastasia, pp. 84–85; Massie, p. 172; Welch, p. 110 Sy is besoek deur die tsarina se kamerbediende Aleksei Wolkof; Anastasia se privaat onderwyser Pierre Gilliard; sy vrou, Aleksandra Teglewa, wat Anastasia se kinderoppasser was; en die tsaar se suster, groothertogin Olga. Hoewel hulle simpatie betoon het, al was dit net vir Tschaikovsky se siekte, en geen onmiddellike openbare verklarings gemaak het nie het hulle uiteindelik almal ontken dat sy Anastasia was.Klier en Mingay, pp. 99–103; Kurth, Anastasia, pp. 99–124; Krug von Nidda in I, Anastasia, pp. 135–169

In Maart 1926 het sy herstel op koste van groothertogin Anastasia se grootoom, prins Valdemar van Denemarke. Valdemar was bereid om Tschaikovsky materiële hulp aan te bied, deur die Deense ambassadeur in Duitsland, terwyl haar identiteit ondersoek is.Klier en Mingay, p. 91; Kurth, Anastasia, p. 102 Om haar in staat te stel om te reis, het die Berlynse Vreemdelingekantoor vir haar ’n tydelike identiteitsertifikaat uitgereik as "Anastasia Tschaikovsky", met groothertogin Anastasia se persoonlike besonderhede.Kurth, Anastasia, p. 130 Ná ’n rusie met Rathlef is Tschaikovsky in Junie 1926 verskuif na die Stillachhaussanatorium in Oberstdorf in die Beierse Alpe, en Rathlef het na Berlyn teruggekeer.Klier en Mingay, p. 104; Kurth, Anastasia, pp. 130–134; Krug von Nidda in I, Anastasia, pp. 180–187

thumb|240px|’n Vergelyking van die syprofiele van Anastasia Nikolajewna en Anna Anderson, geskep deur Pierre Gilliard. By Oberstdorf is Tschaikovsky besoek deur Tatiana Melnik, gebore Botkin. Melnik was die niggie van Serge Botkin, die hoof van die Russiese vlugtelingkantoor in Berlyn, en die dogter van die keiserlike familie se persoonlike geneesheer, Jewgeni Botkin, wat in 1918 saam met die tsaar se gesin deur die kommuniste vermoor is. Tatiana Melnik het groothertogin Anastasia as kind ontmoet en het laas in Februarie 1917 met haar gepraat.Kurth, Anastasia, p. 138

Vir Melnik het Tschaikovsky soos Anastasia gelyk, selfs al "het die mond verander en merkbaar growwer geword, en omdat die gesig so maer is, lyk haar neus groter as wat dit was."Tatiana Melnik se verlaring onder eed, 1929, aangehaal deur Krug von Nidda in I, Anastasia, p. 193; King en Wilson, p. 172 en Kurth, Anastasia, pp. 141–142 In ’n brief het Melnik geskryf: "Haar houding is kinderlik, en oor die algemeen kan sy nie as ’n verantwoordelike volwassene gereken word nie, maar moet soos ’n kind gelei en gedirigeer word. Sy het nie net tale vergeet nie, maar het oor die algemeen die vermoë om akkuraat te vertel verloor … selfs die eenvoudigste stories vertel sy onsamehangend en verkeerd; dit is eintlik net woorde aanmekaargesit in ongrammatikale Duits … Haar gebrek lê duidelik in haar geheue en gesig."Aangehaal deur Massie in p. 169 en Krug von Nidda in I, Anastasia, p. 195

Melnik het verklaar Tschaikovsky was Anastasia, en het aanvaar dat enige onvermoë van haar kant om gebeure te onthou en haar weiering om Russies te praat, veroorsaak is deur haar verswakte fisieke en geestelike toestand.Massie, p. 170; Krug von Nidda in I, Anastasia, pp. 197–198 Hetsy onbedoeld deur ’n opregte begeerte om "die pasiënt se swak geheue te help"Gilliard, Pierre (1929) La Fausse Anastasie aangehaal in Krug von Nidda, p. 198 óf as deel van ’n doelbewuste vertoning,Godl (1998) het Melnik vir Tschaikovsky besonderhede van die lewe in die keiserlike familie ingeoefen.

Kasteel Seeon (1927) thumb|220px|Franziska Schanzkowska, omstreeks 1913.

In 1927, onder druk van sy familie, het Valdemar besluit om nie verdere finansiële steun aan Tschaikovsky te verskaf nie, en die geld uit Denemarke het opgedroog.Kurth, Anastasia, pp. 151–153; Massie, p. 181 Hertog George van Leuchtenberg, ’n verlangse familielid van die tsaar, het haar ’n tuiste gegee by Kasteel Seeon.Klier en Mingay, pp. 105–106; Kurth, Anastasia, pp. 151–153; Massie, p. 181 Die tsarina se broer, Ernst Ludwig, groothertog van Hesse, het ’n privaat speurder, Martin Knopf, aangestel om die bewerings te ondersoek dat Tschaikovsky Anastasia is.