Die Westdenedam-ramp is 'n busongeluk wat op 27 Maart 1985 in Westdene, Johannesburg, Suid-Afrika plaasgevind het. Die bestuurder het beheer oor die bus verloor en deur die versperring om die dam gebars en in die dam beland. Die bus het skoliere van Hoërskool Vorentoe vervoer. Die ramp het die lewens van 42 kinders geëis. Die meeste van die kinders het waarskynlik verdrink, aangesien die impak van die botsing nie so groot was nie.

Ongeluk Op 27 Maart 1985 omstreeks 13:30 het die bus wat die skoliere huis toe vervoer het, deur die damversperring gebars en in die dam ingery. Enkele oomblikke later het omstanders, onderwysers en medeskoliere soveel moontlik leerders probeer red totdat die nooddienste opgedaag het. Die oorlewende kinders is almal na die JG Strydom-hospitaal (nou die Helen Joseph-hospitaal) geneem vir behandeling.

Ondersoek Daar was geen ander voertuie in die ongeluk betrokke nie. Die bestuurder, Willem Horne, kon nie onthou wat gebeur het nie aangesien hy kort voor die ongeluk sy bewussyn verloor het. Die ondersoek het getoon dat geen misdaad vermoed word nie en dat die bestuurder nie onder die invloed of nalatig was nie en is gevolglik vrygespreek.

Sterftes Die volgende kinders het hul lewe in die ramp verloor:

Blignaut, Anna Botha, Anne-Lize Botha, Henrietta Bruin, Caroline Coetzee, Denise Dreyer, Hendrik Du Plooy, Linda Du Plooy, Reinette Du Toit, Francois Els, Jacobus Erasmus, Karen Fritz, Francina Horing, Adriana Hurwitz, Jacqueline Jacobs, Anel Jooste, Lelanie Kleinhans, Adre Koen, Petrus Kruger, Clasina Kruger, Maria Lira, Riaan

Ludick, Madeleine Mans, Cornelius Marshall, Elmarie Marx, Conrad McLaughlin, Belinda Meyer, Catharina Myl, Mary-Ann Morris, Anna Ouwenkamp, Albertus Pieters, Tanya Pretorius, Connie Pretorius, Elizabeth Rautenbach, Thelma Reynders, Hester Strydom, Charl Swanepoel, Vinette Swart, Andries Van der Westhuizen, Petrus Van Heerden, Elsa Van Tonder, Anna Venter, Deon

*Die Du Plooy-familie het hul twee dogters in die ramp verloor: Reinette en Linda. Pieter Koen het 5 medeskoliere gered, maar het self verdrink terwyl hy besig was om 'n sesde slagoffer te help. Vyf-en-dertig kinders is in die Westparkbegraafplaas begrawe.

Toekennings vir dapperheid Pieter Koen en Danie Theron is albei die Woltemadedekorasie vir Dapperheid-Silver toegeken vir hulle optrede tydens die ramp. Danie Theron het in 1989, vier jaar na die ongeluk, sy eie lewe geneem.

Kyk ook Henley on Klip-skoolbusramp van 1970

Verwysings

Eksterne skakels Hoërskool Vorentoe se webtuiste Die Westdene-busramp: 30 jaar later https://www.westdene1985.co.za/

Kategorie:Rampe in Suid-Afrika Kategorie:Vervoer in Suid-Afrika Kategorie:Suid-Afrikaanse kinderhelde