FT Brunswyk is 'n sportklub uit Brunswyk in die deelstaat Neder-Sakse in Duitsland. Behalwe sokker, het die klub ook onder meer afdelings vir pluimbal, basketbal, vlugbal en gimnastiek.
Die klub is 1903 gestig, maar die sokkerafdeling is eers in 1911 op die been gebring. In 1933 is Duitse sport hervorm en is klubs wat nie aan die politieke voorskrifte van die Nazi’s voldoen het nie, ontbind, met FT Brunswyk een van die slagoffers. Na die Tweede Wêreldoorlog is die Nazi-party verbied en is die klub weer in 1946 herstig.
Die klub speel tradisioneel in die skadu van die bekender Brunswykse klubs en het eers in 1997 op die Duitse sokkerradar verskyn toe daar na die Verbandsliga op die vyfde vlak gepromoveer is.
Onlangse ligaposisionering
1979-80 (VII) Bezirksliga Noord 8ste 1980-81 (VII) Bezirksliga Noord 8ste 1981-82 (VII) Bezirksliga Noord 11de 1982-83 (VII) Bezirksliga Noord 10de 1983-84 (VII) Bezirksliga Noord 8ste 1984-85 (VII) Bezirksliga Noord 1ste 1985-86 (VI) Bezirks o.liga Brunswyk 5de 1986-87 (VI) Bezirks o.liga Brunswyk 9de 1987-88 (VI) Bezirks o.liga Brunswyk 5de 1988-89 (VI) Bezirks o.liga Brunswyk 8ste 1989-90 (VI) Bezirks o.liga Brunswyk 10de 1990-91 (VI) Bezirks o.liga Brunswyk 16de 1991-92 (VII) Bezirksliga Sentraal 1ste 1992-93 (VI) Bezirks o.liga Brunswyk 6de 1993-94 (VI) Bezirks o.liga Brunswyk 11de 1994-95 (VI) Landesliga Brunswyk 6de 1995-96 (VI) Landesliga Brunswyk 7de 1996-97 (VI) Landesliga Brunswyk 3de 1997-98 (V) Verbandsliga NS Oos 15de 1998-99 (VI) Landesliga Brunswyk 3de 1999-00 (VI) Landesliga Brunswyk 1ste 2000-01 (V) Verbandsliga NS Oos 7de 2001-02 (V) Verbandsliga NS Oos 7de 2002-03 (V) Verbandsliga NS Oos 2de 2003-04 (V) Verbandsliga NS Oos 4de 2004-05 (V) Verbandsliga NS Oos 6de 2005-06 (V) Verbandsliga NS Oos 4de 2006-07 (V) Verbandsliga NS Oos 4de 2007-08 (V) Verbandsliga NS Oos 8ste 2008-09 (V) Oberliga NS Oos 16de 2009-10 (V) Oberliga NS Oos
Eksterne skakels Amptelike klubwerf
Oberliga Neder-Sakse Oos 2009/10-seisoen SV Ahlerstedt-Ottendorf - SV Blouwit Bornreihe – Eintracht Brunswyk II – FT Brunswyk – SV Rooiwit Cuxhaven – SV Drochtersen-Assel – MTV Gifhorn – SVG Göttingen 07 – TuS Güldenstern Stade – TuS Heeslingen – VfV Borussia 06 Hildesheim - FC Hansa Lüneburg – FC Eintracht Northeim – BSV Ölper 2000 – VSK Osterholz-Scharmbeck – TSV Ottersberg – USI Lupo-Martini Wolfsburg
Kategorie:Brunswyk Brunswyk