duimnael|200px|Die Nereïdes, deur Gaston Bussiere.
Die Nereïdes (Grieks: Νηρηΐδες) was in die Griekse mitologie die 50 seenimfdogters van Nereus en Doris. Hulle het Poseidon dikwels vergesel en was vriendelik en hulpvaardig teenoor matrose wat gevaarlike storms ter see trotseer het. Hulle is veral verbind met die Egeïese See. Die bekendstes was Tetis, vrou van Peleus en die ma van Achilles; Amfitrite, die vrou van Poseidon; en Galatea, die liefde van die sikloop Polufemos.
Name van die Nereïdes Hierdie lys is saamgestel uit vier bronne: Apollodorus, Hesiodus, Homeros en Hyginus, daarom is daar veel meer as 50 name. Nereïdes in die Griekse mitologie Aktaia Agave Amatia Amfinome Amfitoi Amfitrite Apseudes Aretusa Asia Autonoe Beroe Kallianassa Kallianira Kalipso Keto Klio Klumene Kranto Kreneis Kudippe Kumo Kumatolege Kumodoke Kumotoë Deiopea Dero Deksamene Dione Doris Doto Drumo Dunamene Eione Efura Erato Eukrante Eudore Eulimene Eumolpe Eunike Eupompe Eurudike Evagore Evarne Galene Galatea Glauke Glaukonome Halie Halimede Hipponoi Hippotoi Iaera Ianassa Ianira Ione Laomedia Leiagore Leukotea Ligea Limnoria Lukorias Lusianassa Maira Melite Menippe Nausitoi Nemertes Neomeris Nesaia Neso Opis Orituia Panopea Panope Pasitea Ferusa Fullodoke Pleksaure Ploto Pontomedusa Pontoporia Poulunoi Pronoi Proto Protomedia Psamate Sao Spio Talia Temisto Tetis Toë Toosa In moderne Griekse folklore beteken die term "nereïde" (νεράϊδα) enige nimf of fee en nie net seenimfe nie.
Verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal uit die Engelse Wikipedia-artikel :en:Nereid
Eksterne skakels Theoi Projects: Nereids
Kategorie:Nimfe