Hierdie artikel handel oor die hoërskool in Bellville, Kaapstad. Vir die hoërskool in Crosby, Johannesburg, sien Hoërskool D.F. Malan, Crosby.
Die Hoërskool D.F. Malan is 'n Afrikaanse hoërskool geleë in Bellville, Suid-Afrika. Die skool is in 1954 gestig en is na die Afrikanerpolitikus dr. Daniël François Malan, die eerste premier ná die Nasionale Party se bewindsoorname in 1948, genoem.
Skoollied D.F. Malan se skoollied is deur dr. Danie Brink geskryf en Hercules Pieter van der Westhuizen het dit getoonset. Dit is gewysig in 2025 deur Zorada Temming en in gebruik geneem in 2026 saam met die skool se nuwe naam. Die woorde lui as volg:
Noemenswaardige alumni Neil Basson, musikant Corné Crous, akteur Emma de Goede, musikant Alex Fourie, musikant Pierre Greeff, musikant Werner Greeff, Springbokrugbyspeler Eduard Greyling, balletdanser John Havemann, musikant Hunter Kennedy, musikant Laudo Liebenberg, musikant Jakkie Louw, musikant Albert Maritz, akteur Gerrit Matthee, musikant Le-Roi Nel, musikant Loki Rothman, musikant Nicole Jaekel Strauss, skrywer Marian Tredoux, geoloog Dirkie Uys, musikant Chris Vorster, akteur Leigh Wakeford, akteur
Verwysings
Eksterne skakels
D.F. Malan