Die nasionale vlag van Benin is aanvanklik op 4 Desember 1958 amptelik in gebruik geneem. Die vlag is vertikaal verdeel met ’n groen baan aan die vlagpaal kant; die wapperkant is horisontaal in die helfte gedeel met ’n geel baan bo en ’n rooi baan onder.

Simboliek duimnael|links|'n Bus van die rektoraat van die Universiteit van Abomey Calavi in Cotonou wat gebruik is vir opvoedkundige reise, geverf in die kleure van die vlag van Benin Groen simboliseer hoop, rooi simboliseer moed en geel simboliseer rykdom. ’n Ander interpretasie stel dit dat groen die vrugbare suide simboliseer, rooi simboliseer die grond en die bloed van die generasies wat vir vryheid geveg het en geel simboliseer die savanne in die noorde van die land. Benin by Flags of the World. URL besoek op 14 Mei 2019.

Ontwerp Met die aanvaarding van ’n Marxistiese regering in 1975 is die vlag verander, maar na die regering weer nie-Marxisties geword het, is die vlag terug verander en op 1 Augustus 1990 weer in gebruik geneem. Die kleure van die vlag is in die Pan-Afrika kleure van groen, rooi en geel.

Ander vlae

Toe ’n Marxistiese regime onder leiding van Mathieu Kérékou deur middel van ’n staatsgreep daargestel is in 1972 is die oorspronklike vlag aanvanklik aanvaar. In 1975 het die land egter sy naam verander na die Volksrepubliek van Benin (genoem na ’n ryk in Afrika wat van die veertiende tot die negentiende eeu bestaan het). Daarmee saam is ’n nuwe vlag aangeneem. Dit was ’n groen vlag met ’n rooi ster in die skildhoek. In 1989 het Kérékou afgesweer van die Marxisme en op 1 Augustus 1990 is die ou vlag weer aanvaar en daar is besluit om die naam van die land amptelik te verander na Benin.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Benin by Flags of the World

Kategorie:Benin Benin