duimnael|250px|Lenny Kuhr tydens 'n optrede in 2008. duimnael|250px|In 2019.
Lenny Kuhr (gebore op 22 Februarie 1950 in Eindhoven, Noord-Brabant) is 'n Nederlandse sangeres en liedjieskrywer.
Loopbaan Sy begin haar sangloopbaan in haar vaderland in 1967 met liedjies in die Franse "chanson"-tradisie en maak haar eerste deurbraak toe sy die Cabaret der Onbekenden wen. In 1969 verteenwoordig sy Nederland tydens die eindrondte van die Eurovisie-liedjiefees in Madrid, Spanje, toe haar "De troubadour" gesamentlik met drie ander inskrywings eerste kom. Die medewenners was Frankryk se Frida Boccara met "Un jour, en enfant", Spanje se Salomé met "Vivo cantando" en die Verenigde Koninkryk se Lulu met "Boom Bang-a-Bang". Die kompetisie se reëls is kort daarna aangepas sodat daar voortaan net een wenner sou wees. Kuhr het self "De troubadour" se melodie geskryf en David Hartsema die lirieke.
Vyf jaar later tref sy weer met "De troubadour" se melodie, dié keer as "De generaal", bynaam van die Nederlandse sokkerheld Rinus Michels.
In die vroeë jare sewentig was sy gewilder in Frankryk as in Nederland. In 1972 bereik haar liedjie "Jesus Christo" die top-posisie op die Franse treffersparade.
In 1980 word "Visite" haar grootste treffer in Nederland. Sy het dit saam met die Franse kindergroep les Poppys opgevoer. Sedertdien neem sy gereeld albums op, maar haar grootste kommersiële suksesse bly "De troubadour" en "Visite".
In 1982 het sy die Nationaal Songfestival, die Nederlandse uitdun vir die Eurovision, aangebied.
Persoonlike lewe Hoewel sy nie van Joodse afkoms is nie, het sy haar tot die Joodse geloof bekeer (om geestelike liewer as dogmatiese redes) en het 'n ruk lank in Israel gaan woon. Sy is in 1974 getroud met Gideon Bialijstock. Twee dogters, Sharon (1975) en Daphna (1980) word uit dié huwelik gebore. Van 1981 tot 1983 het sy verhouding gehad met die lirikeskrywer Herman Pieter de Boer. In 2003 is sy met Rob Frank getroud. Haar twee kleinkinders is Ozz (2004) en Lihi (2005). Vir eersgenoemde skryf sy "Liedje voor Ozz" wat sy op die CD "Op de grens van jou en mij" insluit. Haar suster Ine is 'n aktrise en ook 'n sangeres.
Veertigste herdenking Vir die veertigste viering van haar debuut neem Lenny Kuhr in Junie 2007 'n regstreekse CD met veertig liedjies op, getiteld "Veertig jaar verliefd". Tydens die bekendstelling van die album op 9 Oktober 2007 in Eindhoven word sy benoem tot Ridder in die Orde van Oranje-Nassau.
Diskografie
1969: De troubadour 1971: De zomer achterna 1972: Les enfants 1972: De wereld waar ik van droom 1974: God laat ons vrij 1975: 'n Avondje Amsterdam 1976: 'n Dag als vandaag 1980: Dromentrein 1981: Avonturen 1982: Oog in oog 1983: De beste van Lenny Kuhr
1986: Quo vadis 1990: Het beste van Lenny Kuhr 1990: De blauwe nacht 1992: Heilig vuur 1994: Altijd heimwee 1997: Gebroken stenen 1997: Stemmen in de nacht 1999: Oeverloze liefde 2000: Visite 2001: Fadista 2004: Op de grens van jou en mij
2005: Panta Rhei 2007: 40 jaar verliefd 2010: Hollands glorie 2010: Mijn liedjes mijn leven 2011: Liefdeslied 2013: Wie ben je 2017: Gekust door de eeuwigheid 2019: Het lied gaat door 2021: Favorieten Expres 2022: Lenny Kuhr
Eksterne skakels Amptelike webwerf Huldeblyk aan Frida Boccara op wat dié ontslape sangeres se 69ste verjaardag sou wees
Kategorie:Nederlandse Jode Kategorie:Nederlandse sangers Kategorie:Eurovision-sangfeeswenners Kategorie:Geboortes in 1950 Kategorie:Lewende mense