duimnael|Skedel van 'n vlakvark Die vlakvark (Phacochoerus africanus) is 'n wilde lid van die varkfamilie wat in Afrika voorkom.
Volwasse vlakvarke het 'n gemiddelde hoogte van 75 cm en weeg tussen 70 en 100 kg. Vlakvarke het 'n kenmerkende voorkoms, met twee slagtande wat tot 61 cm lank kan word. Vratagtige uitgroeisels is sigbaar op hulle groot gesigte.
Vlakvarke kan vinnig hardloop, met 'n snelheid tussen 30 en 50 km/h. Wanneer 'n vlakvark weghardloop, hou hy sy stert penorent.
Die wyfie, of sog, is drie maande dragtig, waarna sy tot ses kleintjies in November of Desember baar. 'n Vlakvark het 'n moontlike lewensduur van 20 jaar.
Subspesies Nolan vlakvark (P. a. africanus) Gmelin, 1788 – Burkina Faso, Ivoorkus, Demokratiese Republiek van die Kongo, Ethiopië, Ghana, Guinee-Bissau, Tsjad, Mauritanië, Nigerië, Senegal, Soedan Eritrese vlakvark (P. a. aeliani) Cretzschmar, 1828 – Eritrea, Ethiopië, Djiboeti, Somalië Sentraal-Afrikaanse vlakvark (P. a. massaicus) Lönnberg, 1908 – Kenia, Tanzanië Suidelike vlakvark (P. a. sundevallii) Lönnberg, 1908 – Botswana, Namibië, Suid-Afrika, Zimbabwe
Fotogalery
Sien ook Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens alfabet Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes
Bronnelys en verwysings
Soogdiere van die Krugerwildtuin en ander Nasionale Parke (1979). Saamgestel deur Die Nasionale Parkeraad. 'n Publikasie van die Raad van Kuratore vir Nasionale Parke van die Republiek van Suid-Afrika. .
Eksterne skakels
Kategorie:Varke