Die klein gekolde kat, ook bekend as swartpootwildekat of miershooptier (Felis nigripes) is 'n klein wildekat wat voorkom in Suid-Afrika, Namibië, Botswana en gedeeltelik in Zimbabwe.Engelse wikipedia

Bou en kleur duimnael|links|Foto van 'n klein gekolde kat in Wuppertal se dieretuin.

Die soogdier is die kleinste van al die katsoorte in die streek. Die kleur wissel van 'n gelerige kaneelbruin in die suide tot ligte geelbruin in die noorde van die gebied waarin hulle voorkom, met verspreide strepe en kolle. Agter op die nek en rug is vier swart strepe waarvan die buitenste twee afdraai oor die skouers. Dié strepies is dikwels verdeel in korter strepies of kolle. Die stert is kort en om die keel is drie ringe. Dié kat is kleiner as die vaalboskat en die strepe en kolle is duideliker. Die mannetjies (1,5-1,7 kg) is effens swaarder as die wyfies (1-1,4 kg).

Habitat Die katte verkies droë gebiede met ooptes en 'n bietjie lang gras of struike. Hulle eet hoofsaaklik muise en spinnekoppe asook reptiele, insekte en voëls. Hulle voed op 40 verskillende soorte gewerweldes en vang tot 14 klein diere per nag. Hulle kan voëls vang tydens vlug, deur tot 1.4m hoog te kan spring.

Gewoontes Die katte is nagdiere wat eers ná donker uitkom. Hul lewensduur is onbekend. Hulle is meestal alleenlopers en beweeg veral op die grond, maar kan goed boomklim. Hulle vlug in die bome in as hulle gejaag word. Bedags slaap hulle in erdvark- of springhaasgate, miershope of onder struike. Die katte is aggressief vir hul grootte en kom nog buite bewaringsgebiede voor. Een tot drie kleintjies word tussen November en Desember gebore ná 'n dratyd van ±2 maande. Hul natuurlike vyande is die leeu en luiperd.Die Soogdiergids van Suider-Afrika. Burger Cillié. . 2009

Taksonomie en filogenie Die binomiale naam Felis nigripes is in 1824 deur die Britse ontdekkingsreisiger William John Burchell gebruik toe hy die spesies beskryf het, gebaseer op velle van klein, gevlekte katte wat hy in Litákun (nou bekend as Dithakong) in Suid-Afrika teëgekom het.

Sien ook Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes

Verwysings

Kategorie:Katagtiges