Sien Luiperd vir die artikel oor die soogdier.
Die Luiperds is 'n provinsiale rugbyspan in Potchefstroom, Suid-Afrika. Hulle was voorheen bekend as Wes-Transvaal en het lank in die volksmond bekend gestaan as die Mielieboere.
Die Luiperds se tuisveld is Olënpark in Potchefstroom en soms die Royal Bafokeng-stadion naby Rustenburg. Hulle ding jaarliks mee om die Curriebeker en die Vodacombeker. Die voedingsbron vir die unie is hoofsaaklik die Noordwes-Universiteit, asook enkele weermageenhede rondom Potchefstroom.
Springbokspelers Die Wes-Transvaalspelers wat ook vir die Springbokke uitgedraf het in die vorige eeu is:http://www.genslin.us/bokke/ Besoek op 27 September 2009
Van NoemnaamBynaam Doopnaam(e) Aantal Toetse Geboortedorpen datum Skool Datum van eerste toets Datum van laaste toets Aucamp Hans Johannes 2 Steynsburg, 27 Oktober 1898 Hoërskool Paul Kruger, Steynsburg 16 Augustus 1924 23 Augustus 1924 Bates Albie Albert Jacobus 4 Germiston, 18 April 1941 Hoërskool Milner, Klerksdorp 20 Desember 1969 3 Junie 1972 Claassen Johan Johannes Theodorus 28 Prins Albert, 23 September 1929 Hoërskool Christiana 6 Augustus 1955 25 Augustus 1962 de Vos Dirk Dirk Johannes Jacobus 3 Kroonstad, 8 April 1941 Graeme-kollege, Grahamstad 17 April 1965 6 Desember 1969 du Plessis Nick Nicolaas Johannes 5 Steynsburg, 4 Desember 1894 Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch 27 Augustus 1921 13 September 1924 Myburgh Champion Willem Hendrik 1 Paarl, 10 Oktober 1897 Paarl Hoër Seunskool 16 Augustus 1924 16 Augustus 1924 Nel Lofty Johannes Arnoldus 11 Pretoria, 11 Augustus 1935 Hoërskool Riebeeck, Randfontein 25 Junie 1960 12 September 1970 Putter Dick Diederick Johannes 3 Onbekend, 13 Februarie 1932 Hoërskool Nylstroom 13 Julie 1963 7 September 1963 van der Merwe Flippie Phillip Rudolph 6 Dibeng, 8 Julie 1957 Hoërskool Diamantveld, Kimberley 29 Augustus 1981 26 Augustus 1989 van der Schyff Jack Jack Henry 5 Kimberley, 11 Junie 1928 Hoër Seunskool Kimberley 16 Julie 1949 6 Augustus 1955 Walker Harry Henry Newton 4 Durban, 1 Julie 1928 Kearsney-kollege, Durban 19 September 1953 1 September 1956
Johan van der Schyff en Paul Durand is vir die Springbokke gekies maar het nie in ’n toets gespeel nie.
Ander Die volgende spelers het vir die unie gespeel voor hulle na ander unies is waar hulle Springbokke geword het: Ockie Oosthuizen Gert Smal Deon Oosthuysen† Kobus Wiese Robert du Preez Schutte Bekker Marius Hurter Henry Tromp Henno Mentz Tiaan Liebenberg Franco van der Merwe Gerhard Mostert Lood de Jager Akker van der Merwe
† Oosthuysen het nooit in ’n toets gespeel nie, maar wel in 12 toerwedstryde.
Verwysings
Kategorie:Curriebeker Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspanne Kategorie:Vodacombeker