Moctezuma I (1398–1469) was van 1440 tot 1469 die hueyi tlahtoani, die leier van die Asteke.

Die naam duimnael|links|Kaart van die uitbreiding van die Asteekse Ryk deur die eeur heen.Gebaseer op kaarte van Ross Hassig in "Aztec Warfare" Moctezuma word gewoonlik in Spaanse geskrifte gebruik, terwyl Montezuma 'n ou Engelse spelling van die naam is. Motecuhzoma of Motecuzoma is die oorspronklike naam in Nahuatl (uitgespreek as mo-tek-w-zo-ma) wat "hy wat homself heerser maak deur sy woede" beteken. Dit stam af van mo, derdepersoon besittend, techuhtli, "heer", en zoma, "bose" of "met gefronsde gesig". Die gebruik van 'n regeringsnommer is slegs bedoel as 'n moderne onderskeid van die ander Moctezuma, na wie as Motecuhzoma II verwys word. Nog 'n manier om hulle te onderskei, naas die gebruik van Romeinse syfers, is dat Moctezuma I Motecuhzoma Ilhuicamina in Nahuatl genoem word en Moctezuma II Motecuhzoma Xocoyotzin. Die eerste van hierdie benaminge beteken "eensame wat 'n pyl in die hemel skiet"; Xocoyotzin beteken "die geëerde jonge", uit te spreek as tsjo-ko-jot-zin (waar Xocoyotl eenvoudig "die jonge" of "junior" sou beteken).

Dade Hy het die Drievoudige Verbond met Tekskoko en Tlacopan gevorm en die Asteekse Ryk van die Atlantiese kus tot aan die Stille Oseaan uitgebrei. Hy het onder andere die Huaxteke en Totonake verslaan. Onder Moctezuma se regering het die hoogpriester Tlacaellel die Asteekse geskiedenis grotendeels laat herskryf. Saam met Nezahualcoyotl van Tekskoko het hy 'n akwaduk laat aanlê wat die hoofstad Tenochtitlan van water sou voorsien. Moctezuma I is deur Axayacatl opgevolg.

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1398 Kategorie:Hueyi tlahtoani Kategorie:Sterftes in 1469