Heinrich Wilhelm Brüssow (gebore 21 Julie 1986 in Bloemfontein, Suid-Afrika) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler. Hy speel vir die Vrystaat Cheetahs in die Curriebeker en die Cheetahs in die Superrugbykompetisie. Sy gereelde posisie is buiteflank.

Brüssow was op Grey-kollege in Bloemfontein waar hy vir die eerste span gespeel het. Hy is later ook vir die onder-18 Vrystaat Cravenweekspan gekies.

In 2008 het hy beïndruk deur as die beste buiteflank in die Super 14 en Curriebekerreeks te presteer. Dit besorg hom die voorreg om vir die Springbokke vir die November-toer na Brittanje opgeroep te word. Ongelukkig het hy net die laaste 4 minute in die laaste toets van die toer teen Engeland gespeel.

In 2009 het Brüssow sy ongelooflike vorm behou as die voorste flank in die Super 14-kompetisie. Dit was ongelukkig nie genoeg vir die Springbok-keurders nie, wat hom nie vir die Springbokspan gekies het nie. Hy het vir die Vrystaat Cheetahs teen die Britse en Ierse Leeus span gespeel en bewys dat sy uitsluiting 'n fout was. Die sprokie het voortgeduur toe hy uiteindelik vir Schalk Burger, wat nie betyds kon herstel van 'n besering nie, vervang het vir die eerste toets teen die Britse en Ierse Leeus. http://news.bbc.co.uk/sport2/hi/rugby_union/8100972.stm BBC: Brussow oorhandig Springbokke begin http://edition.cnn.com/2009/SPORT/06/16/rugby.lions.springboks.test/index.html NOS: Springbokke oproep vir flank Brussow

Sedertdien het sy spelpeil bly verbeter. Hy word as die "Speler-van-die-wedstryd" aangewys na die Springbokke se oorwinning teen die All Blacks op 25 Julie 2009. http://www.stuff.co.nz/sport/rugby/international/2682188/Pocket-rocket-to-plague-All-Blacks Stuff.co.nz Pocket Rocket to Plague All Blacks

Spanne 2015 Springbokspan (Rugbywêreldbeker 2015) Toyota Vrystaat Cheetahs Toyota Cheetahs (Vodacom Superrugby)

2014 Toyota Vrystaat Cheetahs Toyota Cheetahs (Vodacom Superrugby)

2013 Toyota Cheetahs (Vodacom Superrugby)

2012 Toyota Vrystaat Cheetahs Toyota Cheetahs (Vodacom Superrugby)

2011 Springbokspan (Rugbywêreldbeker 2011) Toyota Vrystaat Cheetahs Toyota Cheetahs (Vodacom Super 14)

2010 Vodacom Vrystaat Cheetahs Vodacom Cheetahs (Vodacom Super 14)

2009 Springbok lente toerspan (Frankryk, Italië & Ierland) Springbokspan Vodacom Vrystaat Cheetahs (Britse en Ierse Leeus toer wedstryd) Cheetahs (Vodacom Super 14)

2008 Springbok lente toer span Vodacom Vrystaat Cheetahs (ABSA Curriebeker Premierliga) Cheetahs (Vodacom Super 14)

2007 Vodacom Vrystaat Cheetahs (Vodacombeker) Vodacom Vrystaat Cheetahs (ABSA Curriebeker Premierliga) Cheetahs (Vodacom Super 14)

2006 Vodacom Vrystaat Cheetahs (ABSA Curriebeker Premierliga) Vodacom Vrystaat Cheetahs (Vodacombeker)

2005 Vrystaat (SA O/19)

2004 Vrystaat (O/18 Coca-Cola-Cravenweek)

Invloedryke Wedstryde

2009 20 Junie 2009: Suid-Afrika t. Britse en Ierse Leeus I: Heinrich Brüssow vervang die beseerde Schalk Burger voor die aanvang van die wedstryd. Sy balsteel en herstelvaardighede blyk te veel te wees vir die Britse en Ierse Leeus. Nadat hy vervang word in die tweede helfte het die Leeus begin terugveg, maar nie genoeg vermag om die wedstryd te wen nie. Hy druk 'n drie na 'n losgemaal. 27 Junie 2009: Suid-Afrika t. Britse en Ierse Leeus II: Heinrich Brüssow het in die 62ste minuut opgekom en belangrike omgekeerde besit bewerkstellig wat die 28-25 oorwinning vir die Suid-Afrikaners help behaal. 25 Julie 2009: Suid-Afrika t. All Blacks I: Alhoewel geteiken deur die verdediging, het Heinrich Brüssow daarin geslaag om beter te speel as Richie McCaw, wat beskou word as die beste buite-flank in die wêreld. Hy het weer belangrike omgekeerde besit bewerkstellig asook duikslae uitgevoer. Hy word as "Speler-van-die-wedstryd" aangewys. 1 Augustus 2009: Suid-Afrika t. All Blacks II: Met voortgesette bou op sy reputasie het Heinrich Brüssow weer beter as die All Black-kaptein Richie McCaw by die afbreek gespeel. Hy het weer heelwat omgekeerde besit bewerkstellig, duike en kragtige lopies uitgevoer.

Toekennings

2009 http://www.sarugby.co.za/springbokprofile.aspx?id=35550&surname=Br%C3%BCssow Amptelike SA Rugby se webwerf SA Rugby Jong Speler van die Jaar Provincial Player of the Castle SA 2009 Lions Series {Genomineerde} SA Speler van die Jaar

2008 {Genomineerde} Sasol Jong Speler van die Jaar {Genomineerde} ABSA Curriebeker Premierliga Speler van die Jaar

Verwysings

Eksterne skakels

Vrystaat Cheetahs profiel Brüssow se profiel op www.itsrugby.co.uk ESPN Scrum.com Profiel Sky Sport Profiel Planet Rugby Profiel Daylife.com Nuus, foto's en aanhalings Zimbio news, inligting en foto's Sport Heroes profiel Rugby: Speler Profiel

Kategorie:Springbokrugbyspelers Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Cheetahs rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1986 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners Kategorie:Alumni van die Universiteit van die Vrystaat