Raskovnik (Serwies: Расковник) is ’n plant in die Serwiese en ander Slawiese mitologieë. Volgens Vuk Stefanovic Karadzic se woordeboek is dit:

’n (dalk denkbeeldige) gras wat enige slot homself sou laat oopsluit het as dit daaraan geraak het.Soos aangehaal in

Hoewel mense weet dat raskovnik bestaan, kan niemand wys hoe dit lyk nie. Daar is verskeie maniere om dit te vind: Karadzic het aangeteken dat ’n handelaar in Zemun wat dit wou vind, ’n ou vrou in beenysters toegesluit het en haar snags na ’n veld laat loop het; as die ysters hulleself oopgesluit het, was dit ’n teken dat raskovnik daar groei. ’n Ander metode het vereis dat ’n ystervark (soms ’n skilpad) in ’n boks toegesluit word. Die ma sou dan raskovnik vind en die boks daarmee oopsluit; maar ’n mens moes gou spring, want die ystervark sou die plant insluk sodra sy dit gebruik het.

Daar is geglo dat skatte, veral dié van tsaar Radovan, so gesluit sou word dat net raskovnik dit sou kon oopsluit – daarom was skattejagters altyd op die uitkyk vir die plant.

Verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:Raskovnik

Verdere leesstof

Kategorie:Slawiese mitologie