Julius Sello Malema (* 3 Maart 1981 in Seshego (naby die huidige Polokwane)) is 'n Suid-Afrikaanse politieke figuur, en sedert Julie 2013 die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters. Hy was vanaf April 2008 tot April 2012 president van die ANC-jeugliga. As gevolg van sy omstrede uitlatings en toesprake word hy deur party mense as 'n "roekelose populis" beskryf. Hy het dikwels luidkeelse ondersteuning aan die African National Congress en president Jacob Zuma gegee. Zuma en die premier van die Limpopoprovinsie het al na Malema verwys as die toekomstige president van Suid-Afrika.Bottle-feeding this young baby monster Juju , deur Fikile-Nstikelelo Moya in die Sowetan. 8 Maart 2010. Verkry op 15 Maart 2010.

In Mei 2010 is hy uit die ANC geskors en in September 2012 is hy aangekla van bedrog en geldwassery. In Julie 2013 stig hy sy eie politieke party, die Ekonomiese Vryheidsvegters.Stone, Setumo Hy is tans 'n lid van die Parlement (LP) en hy beskuldig Jacob Zuma en die ANC van korrupsie en die verraad van revolusionêre linkse beleid.

Vroeë lewe Malema, 'n Pedi, is gebore en getoë in Seshego, Transvaalprovinsie. Sy moeder was 'n huishulp en 'n enkelouer. Op die ouderdom van nege of tien jaar het hy betrokke geraak by die African National Congress se Masupatsela. Sy hooftaak op daardie stadium was om die Nasionale Party se plakkate op straat te verwyder.

Onderwys Malema het aan Hoërskool Mohlakaneng, Seshego, Limpopo gematrikuleer."Malema's grim report card is 'real'", IOL.co.za, 24 Oktober 2008; verkry op 22 November 2011. In 2010 het hy 'n tweejaardiploma in jeugontwikkeling aan die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA) verwerf.

In Maart 2016 het hy 'n B.A.-graad in Kommunikasie en Afrikatale aan UNISA verwerf.

Omstredenheid Aanmerkings oor vroue Ná sy uitlating dat die vrou wat Zuma van verkragting aangekla het 'n "goeie tyd" moes gehad het, is hy in Maart 2010 deur landdros Colleen Collins skuldig bevind aan haatspraak en beveel om sy verskoning aan te bied. Hy is ook aangesê om R50 000 te betaal aan 'n instelling vir mishandelde vroue.ANC's Julius Malema guilty of South Africa hate speech, deur die BBC-nuus. 15 Maart 2010. Malema was nie by die hofuitspraak teenwoordig nie, maar het aangedui dat hy teen die uitspraak sal appelleer.Malema skuldig aan haatspraak , Beeld, 15 Maart 2010.

Aanmerkings oor blankes In Maart 2010 het Malema tydens 'n universiteitsbyeenkoms die "Skiet die Boer"-kreet gesing.Malema sings the Mokaba anti-boer tune IOL Die lied is eens deur Peter Mokaba in die vroeë 1990's gesing, maar is sedertdien deur die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie as haatspraak verklaar. Sommige groepe meen dat dit bygedra het tot die moord op Eugène Terre’Blanche op 3 April 2010.

In 'n verdere klag van haatspraak teen hom, ingedien deur AfriForum, het hy in Februarie 2022 voor die gelykheidshof verskyn.

Vuurwapenklagtes en skuldigbevinding (2018–2026) In 2018 het Malema tydens die viering van die Ekonomiese Vryheidsvegters se vyfde bestaansjaar in Mdantsane, Oos-Kaap, ’n vuurwapen in die lug afgevuur. Dit het gelei tot klagtes van onwettige besit van ’n vuurwapen, onwettige besit van ammunisie, die afvuur van ’n vuurwapen in ’n beboude gebied, en roekelose gedrag.

Op 1 Oktober 2025 is Malema deur die Oos-London-landdroshof skuldig bevind op al hierdie aanklagte. Sy voormalige veiligheidswag, Adriaan Snyman, is egter vrygespreek van enige oortredings.

Die hof het die aanhoor van vonnis tot 23 Januarie 2026 uitgestel, ten einde ’n voorvonnisverslag op te stel. Malema het intussen aangedui dat hy die skuldigbevinding sal appelleer.

Op 16 April 2026 is hy tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis. Hy is verlof tot appèl toegestaan en het vrygebly hangende die uitslag van verdere regstappe.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1981 Kategorie:Politici van die Economic Freedom Fighters Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika