220px Avenues des Champs-Élysées

Ligging

8ste Arrondissement Parys, Frankryk

Lengte

1 910 meter

Wydte

70 meter

Die Avenue des Champs-Élysées [avəˌnydeˌʃɑ̃zeliˈze] (dikwels verkort tot Champs-Élysées of, in die omgangstaal, ook Les Champs genoem), is 'n belangrike straat in Parys wat na die Arc de Triomphe lei, vol duur winkels en straatkafees.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Dit is een van die bekendste en mees gesogte praglane ter wêreld. Die laan is in die 8ste Arrondissement in die noordweste van die Franse hoofstad geleë en loop tussen die pleine Place de la Concorde en Place Charles de Gaulle.

duimnael|links|Die Avenue des Champs-Élysées duimnael|links|Avenue des Champs-Élysées (Junie 2014))

Rolprentteaters, koffiehuise en luukse winkels verskaf 'n wye verskeidenheid vermaak, terwyl ook bekende monumente en toeristetrekpleisters soos die Paryse Triomfboog (Arc de Triomphe) en die fonteine van Place de la Concorde langs die laan geleë is. Die Avenue des Champs-Elysées maak deel uit van Parys se Axe historique of "Koninklike Pad", 'n reguit lyn wat van die befaamde Louvre-museum tot die sakebuurt La Défense met sy wolkekrabbers strek en waarlangs baie van Parys se bekende monumente en historiese geboue geleë is.

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Parys Kategorie:Strate in Frankryk