Die Dubbelbanddrawwertjie (Rhinoptilus africanus) is 'n voëlspesie in die Glareolidae-familie. Dit word soms geklassifiseer as die enigste lid van die genus Smutsornis as Smutsornis africanus en word in Angola, Botswana, Ethiopië, Kenia, Namibië, Somalië, Suid-Afrika, Tanzanië en Zimbabwe aangetref.BirdLife International 2004. Rhinoptilus africanus. 2006 IUCN Red List of Threatened Species. Besoek op 28 Julie 2007. Die voël staan in Engels bekend as die Double-banded Courser.
Identifikasie Die voël is 20 tot 24 cm lank en weeg 70 tot 100g. Dit het 'n vlerkspan van 45 cm. Die voël is witterrig met twee smal swart bande oor die bors, vandaar die naam. Daar is 'n prominente roomkleurige streep deurr die oë. Die rug is donker en geskub en die vlekdekvere het breë roomgeel rande.
Dit is 'n redelike algemene standvoël en plaaslike nomade van halfdorre en woestynvlaktes.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Drawwertjies