Durban Dames-vrouesokkerklub is in Februarie 1990 deur Mary-Jane Sokhela gestig. Die span is in eThekwini, KwaZulu-Natal, gebaseer en speel hul tuiswedstryde by die King Zwelithini-stadion. Die klub het in Augustus aan die Vrouemaand-veldtog deelgeneem en was bly om 'n verskil in die lewens van mense in nood te maak. Die klub het 'n bedrag van R5000 aan die Nozibusiso-stigting geskenk, wat in KwaMbonambi gebaseer is. Die organisasie is ook in 2019 deur die sokkerjoernalis Nozibusiso Sibiya gestig. Die Nozibusiso-stigting poog om kinders in landelike gebiede deur middel van sport en opvoeding te bemagtig en het ten doel om te verseker dat kinders ook voldoende klere beskik. Nozibusiso, wat ook die direkteur van die stigting is, het gesê dat die bydrae sal help om die vervoer van klere-skenkings vir die kinders te bekostig.

In 2018 het hulle die KZN Sasol Liga gewen en gekwalifiseer vir die 2018 Sasol Liga Nasionale Kampioenskap waar hulle in die tweede plek geëindig het. Hulle het vir meer as 5 jaar in die Hollywoodbets-liga gespeel en het steeds goeie spangees vertoon. In 2019 en 2020 het hulle sewende geëindig wat 'n goeie begin vir die span was. In 2021 het die span nie so goed presteer soos hulle in die 2019 en 2020 seisoene gedoen het nie. Hierdie keer was dit bietjie rof vir die span en hulle in plek nommer 10 in die liga geëindig, wat nie beter was as wat hulle voorheen gedoen het nie. Die 2022-seisoen was ook nie 'n goeie seisoen vir die span nie, hoewel hulle nie gedegradeer is nie, het die plek wat hulle in die liga behaal het nie verander in vergelyking met die vorige seisoen nie, maar die span het nog steeds nie opgegee nie en hulle was gretig om steeds beter te presteer.

Die span het begin swaarkry in die 2023-seisoen, hulle het baie wedstryde verloor en sommige spelers het teen die einde van die seisoen vertrek. Die 2025-seisoen was een van die slegste seisoene wat Durban Dames ooit ervaar het, hulle het glad nie goed gevaar nie en het selfs tot by die punt gekom waar hulle afgradeer is uit die liga. In 2026 het hulle teruggekeer na die Sasol-liga waar hulle begin het voordat hulle in die Hollywoodbets-liga gespeel het.

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse sokkerklubs