Silas en die Ysbeer op Tafelberg is 'n Afrikaanse fantasie rolprent oor 'n seun wat saam met die bure se dogter op 'n avontuur gaan om sy ouma te soek. Die verhaal, geskryf deur Annie Klopper en Zandré Coetzer, handel oor hartseer en verlies en hoe om weer hoop te vind, is verweef met Kaapse volksverhale. Die gepaardgaande boek is saam met die rolprent vrygestel. Die regie van die rolprent is deur Coetzer en verfilming het in Kaapstad en op Tafelberg plaasgevind. Stad Kaapstad se Rolprentfonds het gehelp met die produksie.

Hoofrolspelers

Neels Clasen (Junior) as Silas Luna Coetzer as Willemien Antoinette Kellermann as Ouma Beer Adriaanse as Brommel Brendon Daniels as Toemaar Neil Sandilands as Van Hunks Frieda van den Heever as Klaas Vakie Daneel Van Der Walt as Ma Dean Balie as Dagvakie Liam Franz as Dagvakie 1 Thalia Alberts as Dagvakie 2 De Klerk Oelofse as Nagvakie Shaun Oelf as Nagvakie 1 Jenna Wilkinson as Nagvakie 2 Beáta Bena as Brandweervrou Edwin van der Walt as Buurman Melissa Willering as Buurvrou

Storielyn Silas se ouma vertel vir hom wonderlike stories van Droomland en toe sy ouma eendag skielik weg is, gaan soek Silas haar in Droomland. Willemien, die bure se dogter, wil graag help, en baie van die storiekarakters, soos Brommel die Hus, help ook, maar die ysbeer hou aan om hom te agtervolg. Coetzer het vir Klopper genader met die idee en gevra om die storie te ontwikkel. Die rolprent is uitgegee met twee boeke deur Annie Klopper en Zandré Coetzer met die selfde naam, een 'n prenteboek en die ander 'n leesboek.

Sien ook

Lys van Afrikaanse rolprente

Verwysings

Kategorie:Rolprente Kategorie:Afrikaanse rolprente