Joachim Scholtz Jansen (5 Februarie 1948 – 30 Augustus 2026) was 'n Springbokrugbysenter.
Jansen is op 5 Februarie 1948 in Griekwastad gebore en op 30 Augustus 2026 in die ouderdom van 78 in Otjiwarongo, Namibië aan 'n hartaanval oorlede.
Speelloopbaan In 1964 het Jansen, as 'n sestienjarige, vir Griekwas gespeel by die eerste Cravenweek-toernooi ooit. Na skool het hy aan die Universiteit van die Vrystaat studeer, provinsiale rugby vir die Vrystaat gespeel en was 'n lid van die Vrystaat-span wat die Curriebeker in 1976 gewen het.
Jansen het sy toetsdebuut vir die Springbokke in 1970 teen Nieu-Seeland op Loftus Versfeld in Pretoria gemaak en in al vier toetse tydens die reeks teen die toerende All Blacks gespeel. Jansen het ook in sy eerste toetsroem verwerf vir sy uitstekende duikslag op die All Black-losskakel Wayne Cottrell, wat gehelp het om die momentum van die spel in die Springbokke se guns te swaai. In 1971 het hy in die toetsreeks teen Frankryk en Australië gespeel. Sy laaste toetswedstryd was die verloortoets teen Engeland in 1972. Hy het in 'n verdere vyf toerwedstryde gespeel en vyf drieë gedruk om by sy een toetsdrie vir die Springbokke te voeg.
Verwysings
Kategorie:Sterftes in 2026 Kategorie:Geboortes in 1948 Kategorie:Springbokrugbyspelers