Die Kamberg-natuurreservaat is geleë op die voetheuwels van die Drakensberge in kwaZulu-Natal.

Hierdie reservaat is by nagenoeg 29° 23′ 14″ suid, 29° 40′ 5″ oos, en wes van die dorpies Nottingham Road en Rosetta.

Die Mooirivier loop deur die wild- en plantetuin van ‘n 2200 ha wat in 1951 gestig is.

Die rietbok, rooiribbok, vaalribbok, eland, gewone duiker en die oorbietjie kan hier teengekom word. Hier is voetslaanroetes uitgelê, forelle kan in die rivier gevang word en Boesmantekeninge, watervalle en voëls kan bekyk word. Die Kambergpiek bereik ‘n hoogte van 2063 m.

Bibliografie https://drakensberghikes.com/directory/explore-by-region/kamberg-area/kamberg-nature-reserve https://www.kznwildlife.com/explore/our-parks/overnight-visits/kamberg-nature-reserve

Kategorie:KwaZulu-Natal Kategorie:Natuurreservate in KwaZulu-Natal