The Bombing of Pan Am 103 is 'n Britse minireeks van ses episodes vir televisie met Connor Swindells, Merritt Wever en Patrick J. Adams in die hoofrolle. Dit gaan oor die ramp in 1988 toe 'n vliegtuig oor Lockerbie, Skotland, neergestort het. Dit was die dodelikste daad van terrorisme in die Britse geskiedenis.

Die reeks fokus op die ondersoeke deur die Britse en die Amerikaanse regering na die ongeluk van die Pan Am-vliegtuig. Die première in Brittanje was op 18 Mei 2025 op BBC One en wêreldwyd op 30 Julie 2026 op Netflix.

Rolverdeling

Connor Swindells as Ed McCusker Eddie Marsan as Tom Thurman Peter Mullan as John Orr Lauren Lyle as June McCusker Phyllis Logan as Moira Shearer Tony Curran as Harry Bell Patrick J. Adams as FBI-agent Dick Marquise Merritt Wever as Kathryn Turman James Harkness as Sandy Gay Amanda Drew as Linda Burman Molly Geddes as Lauren Aitken Nicholas Gleaves as Allen Feraday Douglas Hodge as Stuart Henderson Alastair Mackenzie as Alastair Campbell

Storielyn

Nadat 'n Boeing 747 oor Lockerbie, Skotland, ontplof het, ondersoek speursersant Ed McCusker van Skotland die ongeluk. Die Skotse polisie bel die FBI om te help. Die Britse regering stel hoofsuperintendent John Orr aan as die senior ondersoekbeampte. Die skielike einde van die stemopname in die stuurkajuit dui op 'n bom. Die FBI-agent Tom Thurman, 'n bomveteraan, vind belangrike inligting op die toneel om dié vermoede te bevestig. Orr stel dit duidelik aan spesiale agent Dick Marquise, die hoofondersoeker van die FBI, dat die Skotse polisie aan die hoof van die ondersoek staan.

Bewyse dui daarop dat 'n bom tussen die passasiers se tasse versteek was. Die FBI verdink Khaled Jaafar, 'n Amerikaanse burger met bande met Hezbollah, daarvan dat hy dit onwetend aan boord van die vliegtuig gebring het, maar hy word later as 'n verdagte uitgeskakel. Orr vra plaaslike vrywilligers om die slagoffers se besittings skoon te maak sodat dit aan die rouende familie teruggebesorg kan word. Marquise en Orr gaan 'n ooreenkoms aan om getuienis uit te ruil.

Onder normale omstandighede sou die vliegtuig in die oseaan neergestort het, wat alle getuienis sou uitgewis het. Weens wind is die vlug oor Skotland herlei, en so het bewyse behoue gebly. Geskroeide stukke van 'n Toshibaradio se stroombaanpaneel verbind die misdaad met die bommaker Marwen Khreesat in Duitsland. Marquise voer in Jordanië 'n onderhoud met Khreesat, maar die bommaker ontken die toestel is syne en Jordaniè se geheime diens bevestig dat hy as 'n mol vir hulle werk. Die bagasielys onthul eindelik die bom kom van Malta af via Frankfort. Intussen beywer 'n groep van naasbestaandes van slagoffers hulle vir groter lughawesekuriteit met die hulp van Kathryn Turman.

Harry Bell van die CIA reis na Malta en ontdek die bom kon van daar af gekom het as verlore bagasie op 'n spoedaflewering aan die eienaar. Nadat 'n Maltase materiaaletiket na 'n winkel nagespeur is, sê die eienaar hy onthou duidelik dat hy dit aan 'n Libiër verkoop het wat 'n vreemde versameling klere gekoop het.

Die fokus van die ondersoek skuif na Libië se Eksterne Veiligheidsorganisasie (ESO), wat al blameer is vir baie terrorismeaanvalle, onder meer 'n latere bomaanval met 'n soortgelyke toestel op 'n Franse vliegtuig. Die CIA kan die tydtoestel direk aan vervaardiger Mebo koppel. Edwin Bollier, stigter van Mebo, verbind die tydtoestel direk met sy kontakte in Libië. Hy en die Maltese winkeleienaar identifiseer Abdelbaset al-Megrahi, alias Abdusamad, as die verdagte. Die nasporing van sy kontakte lei tot Lamin Khalifah Fhimah, 'n Libiese lughawebeamte by die Maltese Internasionale Lughawe. Sonder om die Skotte te laat weet, gaan Marquise 'n ooreenkoms met die CIA aan om 'n Libiese mol te ondervra, en dié bevestig die besonderhede van die sameswering.

Superintendent Tom McCulloch neem oor as die derde senior ondersoekbeampte van die saak vir 'n internasionale verhoor van al-Megrahi en Fhimah in Nederland as kompromis met Libië. McCusker, wat intussen bevorder is, kry oppdrag om getuies te oorreed om te getuig. Bollier gee verwarrende getuienis en die ESO-mol gee in onder kruisverhoor. Die winkeleienaar dring daarop aan dat hy reg het oor al-Megrahi. Dié word op die ou end skuldig bevind, maar Fhimah word vrygespreek.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Britse televisiereekse