Lisandro Martínez (gebore 18 Januarie 1998) is 'n Argentynse professionele sokkerspeler wat as sentrale verdediger vir die Premierliga-klub Manchester United en die Argentynse nasionale span speel.
Hy het sy loopbaan by Newell's Old Boys begin voordat hy hom in 2017, aanvanklik op lening, by Defensa y Justicia aangesluit het. In 2019 het hy by Ajax aangesluit, waar hy 120 wedstryde oor drie seisoene gespeel en twee Eredivisie-titels en een KNVB-beker gewen het. Hy is ook as Ajax se Speler van die Jaar vir die 2021/22-seisoen aangewys.
Verwysings
Kategorie:Argentynse sokkerspelers Kategorie:Geboortes in 1998 Kategorie:Lewende mense