duimnael|Die Klipfontein op 9 Januarie 1953. Die Nederlandse passasier- en vragskip Klipfontein het in 1953 in die Mosambiekkanaal vergaan.
Skip Die skip van die Holland-Afrika Lyn is in 1939 te water gelaat en is dadelik weens die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog as troepeskip oor die Stille Oseaan tussen San Francisco en Australië gebruik. Op 1 Februarie is dit eers weer vir burgerlike gebruik beskikbaar gestel.
Ramp Die laaste reis van die skip was van Amsterdam na hawens in Suid- en Oos-Afrika. Op 8 Januarie 1953 verlaat dit die hawe van Maputo op pad na Beira. Aan boord was 116 passasiers, 118 bemanningslede en ‘n vrag bestaande uit blokke koper, chroomerts, huide en 100 bale wol. In reënweer tydens die middaguur van 9 Januarie by 24° 32′ 15″ suid, 35° 31′ 30″ oos, ‘n 4 km van die vuurtoring by Ponto Zavora, ‘n 8 km suid van Kaap Barra tref die skip onsigbare rotse en sink vinnig. Alle opvarendes is deur die Bloemfontein Castle gered en die koper is metterjare geberg. Die direkte oorsaak van die ramp is nooit amptelik bevestig nie, alhoewel die skip te naby aan die kus gevaar het. Daarom is die kaptein se lisensie vir ‘n tydperk opgeskort.
Bronnelys https://www.marhisdata.nl/schip&id=3464 https://www.wrecksite.eu/wreck.aspx?102013
Eksterne skakels
Kategorie:Skeepswrakke